Afrikadag in Windhoek herdenk
Vieringe om Afrikadag te herdenk, begin op Donderdag 25 Mei om 09:00 by die Katutura sport- en jeugkompleks in Windhoek.
“Op hierdie dag vier ons die vasteland se prestasies van vryheid en die waardes van Afrika-eenheid, terwyl hulde gebring word aan die stigtersvaders en -moeders, die helde en heldinne van die Afrika-vasteland, vir hul onselfsugtige standpunt teen kolonialisme, en waardering vir hul visionêre leierskap getoon word
“Terwyl ons die vordering vier wat op die vasteland gemaak is, verbind ons onsself as Afrika-regerings om die potensiaal van die vasteland se groot, jeugdige bevolking te ontsluit en doeltreffend in gesondheidsorg, onderwys, bemagtiging en werkverskaffing, deur optrede van die staat en betrokkenheid van die private sektor, te belê,” lui 'n verklaring van die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking.
Die ministerie moedig die jeug aan om deur skeppendheid mee te werk om armoede te verminder en ekonomiese emansipasie te verseker.
“Afrika het jou nou meer as ooit vantevore nodig,” sê die ministerie.
“Ons slaan ag daarop dat jongmense in Afrika 'n enorme bron vir die ontwikkeling van die vasteland is. Kom ons werk saam om 'die Afrika wat ons wil hê' 'n werklikheid te maak, soos in Agenda 2063 in die vooruitsig gestel, en dit 'n blink, ryk en progressiewe vasteland te maak,” sê die ministerie.
Volgens die verklaring moet Afrika se kulturele diversiteit en vele sterk punte op Afrikadag gevier word. “Laat ons in die gees van Harambee onsself opnuut verbind tot 'n sterk, verenigde, vreedsame, inklusiewe en voorspoedige Afrika.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie