Afrika-titels bly net hier
Duathlon
Tielman van Lill – Jean-Paul Burger en Risa Dreyer, beide van Namibië, het hulle gister nie laat keer om die Afrika-duathlonkampioenskap se titels vir elite mans en vroue te wen wat gister in Windhoek se hoofstraat aangebied is nie.
“Dit was hard; ons het mos 'n koue front gehad,” het Burger geskerts, ná die 10 km hardloop, 40 kilometer fietsry en 5 km hardloop wat hy sowat vier minute voor sy naaste uitdagers van Suid-Afrika, Dylan Kruger en Jonathan Benjamin, voltooi het.
“Hulle het gesê dit gaan 24 grade wees, maar dit het gevoel soos 44 grade.
“Hardloop is nie my sterk punt nie, so ek het geweet as ek die gaping kleiner as twee minute hou, gee ek myself 'n wenkans. Die eerste vyf kilo's se hardloop het ek saam met die voorste vier gebly en toe 'n klein bietjie afgeskakel om 35 sekondes ná hulle by die eerste oorgangspunt aan te kom.
“Op die fiets het ek die een man voor my binne die eerste rondte gevang en toe nog vyf rondtes gehad om aan 'n voorsprong te bou. Ek was so vier-en-'n-half minute voor hulle klaar en daarna was dit verby – my hardloop is darem nie só swak nie; ek kan steeds 'n vyf kilo's in 16 tot 17 minute doen.”
Burger sê die wêreldkampioenskap, wat oor omtrent twee weke in Spanje gehou word, is vir hom nie 'n oorweging nie. “Die totale koste beloop omtrent N$40 000, wat ek nie op die oomblik kan regverdig nie. Miskien lyk sake volgende jaar anders, as ek dalk 'n borg het of daar meer beplanning ingegaan het.”
Hy dink nog oor die FNB Sandman-triathlon, maar net 'n week later is die Nedbank Desert Dash bergfietswedren waar hy ook in 'n span van twee gaan meeding.
Namibië se ander sterk kandidaat, Divan du Plooy, het in 'n gevorderde stadium van die resies weens uitputting onttrek.
Risa Dreyer het die vroueresies met gemak gewen nadat sy vroeg reeds die voortou geneem en enduit behou het. Tweede en derde was haar landgenote Benita Kasch en Anri Krugel.
“Dit was nogal warm en winderig met die wegspring, maar dit was 'n lekker sterk kompetisie in goeie gees, met goeie steun van die kantlyn af. Die wind was nogal 'n faktor, wat gevoel het asof dit heen en terug van voor af in jou gesig waai.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie