Afrika steun Standard Bank se wins
Elvira Wood – Die Standard Bank-groep het Donderdag stewige resultate vir die halfjaar tot einde Junie bekend gemaak.
Sy wesensverdienste het met 5% tot R12,663 miljard gestyg.
Hy het op die JSE se nuusdiens, Sens, bekend gemaak hy betaal ’n tussentydse dividend van R4,30 per aandeel. Dit is 8% hoër as ’n jaar gelede.
Die wesensverdienste van sy afdeling vir persoonlike en sakebankdienste het met 8% tot R6,6 miljard toegeneem.
In die afdeling vir korporatiewe en beleggingsbankdienste is die wesensverdienste 8% hoër op R5,7 miljard.
Die bank het R19,1 miljard se nuwe huislenings in die halfjaar toegestaan wat 3% meer is as ’n jaar tevore.
Nuwe aansoeke vir huislenings in Suid-Afrika het egter met 4% gedaal. Standard Bank sê dit is ’n aanduiding oor hoe traag die plaaslike residensiële eiendomsmark is.
Die huislenings wat deur Standard Bank gefinansier word beloop R353 miljard.
Motor- en batefinansiering het met 5% gestyg. Die bank sê hy het ’n beduidende toename van 31% in nuwe rekeninge gesien. Standard Bank sê die motors wat Suid-Afrikaners koop is goedkoper as wat hulle voorheen gekoop het.
Die bank sê die uitstaande saldo op kliënte se kredietkaarte het met 4% gegroei.
Die bank se nierente-inkomste het met 8% tot R22,03 miljard gestyg.
Dié syfer, wat onder meer bankkoste insluit, is vir banke belangrik omdat dit daarop kan dui dat mense meer bankdienste gebruik.
In Suid-Afrika het die bank se wesensverdienste met 3% tot R7,2 miljard gedaal en in die res van Afrika het dit met 20% tot R3,77 miljard gestyg. In Oos-Afrika het verdienste met 24% tot R543 miljoen gestyg, terwyl Wes-Afrika en Suider- en Sentraal-Afrika onderskeidelik met 35% tot R1,42 miljard en 9% tot R1,8 miljard toegeneem het.
Liberty se wesensverdienste toeskryfbaar aan Standard Bank is R857 miljoen, 3% minder as in die ooreenstemmende halfjaar.
Standard Bank besit 55,5% van dié versekeringsmaatskappy. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie