Afrika se enigste vroulike president bedank
Afrika se enigste vroulike president bedank

Afrika se enigste vroulike president bedank

Mauritius se president het bedank ná berigte dat sy ’n kredietkaart wat ’n niewinsgewende organisasie aan haar gegee het vir persoonlike doeleindes gebruik het, sê haar prokureur.
Ameenah Gurib-Fakim, Afrika se enigste vroulike president, het haar bedanking ter wille van “die land se stabiliteit” ingedien, het haar prokureur, Yousouf Mohammed, in ’n onderhoud met ION gesê, berig CNN.

Mohammed het bygevoeg dat sy haar amp op 23 Maart verlaat. Sy is sedert 2015 president.

Dit kom nadat die media berig het dat sy vir persoonlike uitgawes betaal het met ’n kredietkaart wat die Londense liefdadigheidsorganisasie Planet Earth Institute (PEI) in 2016 aan haar gegee het.

Gurib-Fakim is daarvan beskuldig dat sy ongeveer US$26 000 op juweliersware en klere in Europa bestee het en met dié kredietkaart daarvoor betaal het. PEI is deur ’n Angolese bankier met sakebelange in Mauritius gestig.

Daar is vroeër berig dat sy sou bedank, maar Gurib-Fakim het geweier en gesê sy het niks verkeerd gedoen nie.

In ’n verklaring wat Vrydag deur die land se presidensie uitgereik is, word egter verduidelik dat sy ’n soortgelyke kaart het, maar per ongeluk PEI se kredietkaart gebruik het.

Luidens die verklaring het sy die geld onmiddellik terugbetaal toe sy besef sy het die verkeerde kaart gebruik. Gurib-Fakim is in 2015 in PEI se direksie aangestel, maar het in 2017 bedank.

PEI het ook ’n verklaring op sy webwerf wat lui dat die organisasie Gurib-Fakim se bedanking in 2017 (uit die direksie) aanvaar het, en dat sy die geld terugbetaal het.

Die president se prokureur sê haar bedanking sal help om ’n grondwetlike krisis te vermy, berig The Nigeria News Network.

“Sy wil nie die mense of die ekonomie sien ly nie,” sê Mohammed. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A