Afrika se aantrekkingskrag
Ek het destyds my hart op Afrika, veral Tanzanië en Zambië verloor. Ons was gelukkig genoeg om in albei lande te bly. Die kulture is soveel anders as ons s’n, maar almal kom met mekaar oor die weg.
Ons het in Tanzanië by ’n goudmyn gewerk naby die dorpie Geita. Geita is in die noordweste van Tanzanië geleë, naby Lake Victoria en so 120 km van die dorp Mwanza af. Dit was vir ons, dit is nou die ekspats wat meestal van Suid-Afrika en Namibië gekom het, ’n outing om Saterdae na die plaaslike mark te gaan met sy dongas en al.
Daar kon jy die lekkerste tamaties, komkommers en vrugte koop. En as jou maag dit kon hou, kon jy die “sagste” vleis by die plaaslike slaghuis koop. Ons het gewoonlik ’n draai om dié slaghuis geloop.
Maar die gunstelingwinkel vir ons almal was die winkel wat die mooiste Masai-komberse verkoop het. Almal het dit in hordes gekoop, vir onsself en vir geskenke. Net om so ’n klein stukkie van Afrika huis toe te vat.
En as jy dink, maar die Masai is van Kenia, is jy doodreg, maar die komberse is baie gewild en volop in Tanzanië. Dit het ons ’n leeftyd gevat om van dié myn tot in Windhoek te vlieg. Eers ’n een uur lange vlug met ’n 12-sitplek-vliegtuig van die myn tot in Mwanza waar die grenspos was, dan nóg ’n twee uur lange vlug, dan land jy eers in Nairobi.
Van Nairobi af, dan is dit nog vier ure na Johannesburg en dan klim jy eers op ’n vlug Windhoek toe.
Om dit erger te maak, is die kanse ook goed gewees dat jy in Johannesburg moet oorslaap. Dit klink nie so moeilik nie, maar probeer dit doen as jou kinders agt maande en twee jaar oud is! Dan is jy in vir ’n ding. En gooi by die mengsel dat die klein vliegtuig nie ablusiegeriewe het nie, dan is dit ’n resep vir ’n disaster. Maar dít is ’n storie vir ’n ander dag.
Glo my, jy wil dit nie rêrig nou hoor nie. Doen dit vir ’n rukkie, dan wonder mens nog waar kom al jou grys hare vandaan. Net om te pak wanneer dit tyd was om terug Geita toe te vlieg, was ’n perd van ’n ander kleur. ’n Hele tas vol Pampers-doeke, Nesquik, koffie, sjampoe, deodorant, en you name it, genoeg vir drie maande.
Dit het omtrent ’n week uit my vakansie gevat om alles bymekaar te kry en nog seker te maak dit pas alles in die tasse in. Ons het in ’n village gebly, so 5 km van die myn af.
Daar was meestal Suid-Afrikaners, maar ook ’n paar Namibiërs, Ghanese en ek weet julle het dit gedink, Australiërs. Daar was in ’n stadium ’n Australiër wat baie van slange gehou het. Ek dink hy het gedink hy is Paul Hogan!
Hy het soos ’n wafferse Crocodile Dundee uit bakkies gespring om agter slange aan te hardloop. Dit was nogal ’n gesig om te aanskou. Daar is nog baie staaltjies om te vertel. Dit was ’n belewenis om nog ’n klein deeltjie van Afrika te ontdek. Al wat ek kan sê, is dat ek my hart op Afrika verloor het. Hook, line and sinker!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie