Afrika-kampioenskap neem vorm aan
Afrika-kampioenskap neem vorm aan

Afrika-kampioenskap neem vorm aan

Tweekamp
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die Namibiese Triathlonfederasie (NTF) het dié week sy nasionale span vir die Prosperity Health Afrika-tweekampkampioenskap aangekondig wat op Sondag 17 Oktober in die sentrale sakedeel van die hoofstad aangebied word.

Agt-en-twintig Namibiërs van elke ouderdomsklas sal in die o.12, 12 tot 15 jaar, junior (16-19), 25 tot 29, subveteraan, veteraan, meester en elite-afdelings teen die res van Afrika hul slag wys. Veral die Suid-Afrikaanse span word met nege atlete sterk verteenwoordig, terwyl Kenia 15 atlete stuur.

Jonathan Benjamin en Dylan Kruger (beide Suid-Afrika) sal ’n sterk uitdaging aan JP Burger en Divan du Plooy in die elite-afdeling rig. By die juniors sal Shaun Wolfaardt, Kayleigh Geel, Lara Watts en Nadya Stolarczyk (almal Suid-Afrika) heelwat vrae aan die Namibiërs rig.

Lande wat tot dusver hul deelname besvestig het is die RSA, Rwanda en Kenia.

Die nasionale span:

Meisies o.12: Nicole Suren.

Seuns o.12: Micah Chase, Matt-Reece Izaaks.

Meisies 12-15 jaar: Rosemarie Thiel, Chloe Rossow.

Seuns 12-15 jaar: Roger Suren, Nathan Chase.

Junior meisies (o.18): Corley Viljoen, Hilde-Marie Olivier.

Junior seuns (o.18): JG van der Westhuizen, Nicolis du Plessis.

Vroue 25-29 jaar: Anri Krugel.

Mans 25-29 jaar: Gino Chiappini, Josua Roberts, JF Labuschagne, Jurgen van Wyk.

Subveteraan-vroue: Benita Kasch.

Subveteraan mans: Petrus Human.

Veteraan-vroue: Adelé de la Rey, Marion Schonecke.

Veteraanmans: Ian Grassow.

Meestersvroue: Karin Brockmann.

Meestersmans: Greg Chase, Harald Preschel.

Elite vroue: Risa Dreyer.

Elite mans: Jean-Paul Burger, Divan du Plooy.

[email protected]

FOTO
Divan du Plooy (links) in aksie tydens die nasionale Namibiese tweekampkampioenskap op 26 Augustus in Windhoek. Foto Tielman van Lill

Kommentaar

Republikein 2025-06-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer