Afrika-kampioenskap 'n groot sukses vir Namibië
Meer ruiters het verlede week meegeding as in die vorige twee jare se weergawes.
Die pas afgelope Afrika-uithouritkampioenskap by Walvisbaai, die grootste en belangrikste FEI-kompetisie op die kalender van NERA (Namibiese Uithouritvereniging), was opnuut 'n groot sukses.
Die getal inskrywings het die vorige twee jare oortref en die kompetisie tussen Suid-Afrika en Namibië se bestes was baie taai. Al die perde se kondisie en fiksheid was in topvorm en die paneel van 12 veeartse was in geheel baie tevrede met die perde en die rit.
Die slaagsyfer van 72% wat hul afstande voltooi het, is uitstekend in ag genome dat hierdie roete as van die moeilikstes in die uithouritwêreld beskryf word.
Uiterse weersomstandighede in die woestyn en langs die see, asook die terrein wat van die hoogste duine ter wêreld insluit, verg baie tegniese vaardigheid en beplanning en stel hoë eise aan ruiters se fiksheid. NBC-televisie het vanjaar die hele rit regstreeks vertoon wat dit baie toeskouervriendelik gemaak het. NBC het ook die prysuitdelingsfunksie vertoon en sodoende goeie blootstelling vir die sport gegee.
Namibië se uithouritsport kan daarop roem dat dit elke jaar teen Suid-Afrika meeding en nooit leë hande terugkeer nie. Vanjaar het Namibië drie van die vier spankompetisies gewen, deur in die standaardgewig, liggewig en junior kategorieë gemaklik met die goud weg te galop.
Altyd 'n hoogtepunt van die prysuitdeling is die toekennings vir die bes voorbereide perde, wat volgens sekere kriteria deur 'n paneel van veeartse gekies word.
In die jong ruiter-afdeling was die bes voorbereide perd-prys deur Maya Janbey met Atashi Sky ingepalm. Die liggewigwenner was Justus Afrikaner met Wiejandie Lafras, die swaargewigklas was Pierre de Wit met Aracos Nabil, en standaardgewig was Melisa Boehme (RSA) met Kalharabi Janie (eienaar George Wessels).
Tussen dié vier het Boehme ook die gesogte titel as “beste van die bes voorbereide perde” gewen.
Merkwaardig was dat hierdie toekennings al vier aan Namibiese perde gegaan het. NERA is met reg trots op sy ruiters wat hulle met waardigheid gedra het en die land se naam hoog gehou het deur 'n hoë standaard te handhaaf.
NERA bedank graag die borge vir ruim bydraes tot die rit se sukses. Die hoofborg was FNB Namibia, bygestaan deur verskeie borge wat op verskillende wyses die rit moontlik gemaak het.
Die lys van borge sluit in General Airways, Voermeester, Namib Poultry, Namibia Wine Merchants, Spot On Catering, Stride, Equisupreme, Equifeeds, Erongo Red, Checkers, Walvisbay Electric, BMG Crushplant, Ship Management, Rent-a-Drum, Retcon Services, Academia Service Station, Absolute Logistics, Hopfast Engineering, Container World, Hangana, Fast Flame, Hat to Hoof, Clydon Namibia, AlQadir Arabians, Cavallo Guesthouse, Paco Engineering, Kalharabi Arabians, Charlottenberg Arabians, Hurst Arab Stud, Otjere Hoofbeat & Wildlife, Rosdriehoek Farming, Animals in Motion.
Die top vyf verskillende wenners per kategorie oor die hoofafstand van 120 km was soos volg:
120 KM SWAARGEWIG
1 Pierre Jean de Wit (NAM), Aracos Nabil, 7:21:45
2 Kevin Pricemoor (RSA), Waterlea Wolverine, 7:49:11:33
3 Sam van Zyl (RSA), Lormar Rambo, 7:49:11:44
4 Danelle Badenhorst (NAM), Tehillah Yster, 7:51:36
5 Reinolt Shurz (NAM), Baladi, 8:15:37
120 KM LIGGEWIG
1 Lara van Niekerk (RSA), Hurst Ronaldo, 6:45:36
2 Justus Afrikaner (NAM), Wiejandie Lafras, 6:56:15
3 Stephanie Burnard (RSA), Le Jacques Arck, 7:04:25
4 Patricia van Zyl (RSA), Titanium, 7:07:30
5 Franzi Marais (NAM), Wiejandie Kaily, 7:09:39
120 KM JONG RUITERS
1 Ilara Vorster (RSA), Hurst Sahib, 7:05:27
2 Maya Janbey (NAM), Atashi Sky, 7:13:38
3 Carmen Derks (NAM), Hurst Ibn Skokkian, 7:14:37
4 Caila Potgieter (NAM), Hurst Saigon, 7:14:38
5 Isone Swart (RSA), El Nize Farashah, 7:14:50
120 KM STANDAARDGEWIG
1 Suné Wessels (NAM), Johremar Odette Bint-Shakkar, 6:44:29 (vinnigste tyd van al die kategorieë)
2 Melisa Boehme (RSA), Kalharabi Janie, 6:44:30:38
3 Josef Namseb (NAM), El Sham Adan, 6:44:30:75
4 Reni van der Merwe (NAM), Gulilah Nahgalit, 6:44:37
5 Agies Mohale (NAM), Mispa, 6:48:20
120 KM KINDERS
1 Jac du Toit (NAM), Namarab Kalinka, 8:29:01

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie