Afrika- en herfskommandowurm slaan toe

Kommandowurms, wat boere se weiding en gewasse kan verwoes, het in van die streke kop uitgesteek.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die herfskommandowurm het sy opwagting in Namibië se Zambezi-, Oshana- en Oshikotostreek gemaak.

Terselfdertyd het die Afrika-kommandowurm in die Oshana-, Oshikoto- en Omusatistreke uitgebroei.

Die ministerie van landbou, water en bosbou het gister ’n mediaverklaring uitgereik om die uitbreek van die peste te bevestig en voeg by dat verskeie hektaar grond reeds geraak is.

Intussen sê kommersiële boere in die Mieliedriehoek hulle loop reeds drie weke lank onder die herfskommandowurm deur, terwyl gerugte die ronde doen dat klein groepe van die Afrika-kommandowurm ook in die Outjo- en Otavi-gebied uitgebroei het.

Volgens die ministerie is die herfskommandowurm op 6 Januarie op Sibbinda, Kongola, Ngoma, Bukalo, Itomba, Nsundwa, Kasheshe en Musanga in die Zambezistreek opgemerk.

“Die gewasse is tans in verskillende groeistadiums, van die ontkieming- tot blomstadium, en is uiters kwesbaar vir peste soos die herfs- en Afrika-kommandowurm,” het die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Percy Misika, in die verklaring gesê.

Misika het ook bevestig streke wat pesdoders beskikbaar het, moet met bespuitingsprogramme begin sodat die peste nie verder moet versprei nie.

Intussen het mnr. Klaas Malan, ’n akkerbouer uit Namibië se Mieliedriehoek, bevestig boere in dié omgewing voer drie weke lank al ’n stryd teen die herfskommandowurm.

Hy sê hulle moet voortdurend pesdoders spuit en hy doen dit snags wanneer voordelige insekte soos bye nie rondvlieg nie, sodat hy hulle nie ook doodmaak nie.

Malan sê die herfskommandowurm beskadig mieliekoppe, wat beteken boere kry swakker graderings vir mielies wat hulle wil verkoop.

Die ministerie verduidelik die herfskommandowurm, wat sy oorsprong in Amerika het, is die eerste keer in die 2016-’17-seisoen in Namibië opgemerk.

Boonop het dié pes die ongewone vermoë om vinnig te versprei en is dit ’n uitdaging om dit te beheer omdat dit weerstandig teen verskeie pesdoders is.

Dít volg nadat CropLife SA se dr. Gerhard Verdoorn onlangs gewaarsku het dié twee peste kan in Namibië uitbreek ná Namibiërs onder erge motplae gebuk gegaan het.

Hy en sy kollegas het gesê die motte is moontlik dié van die Afrika-kommandowurm.

Verdoorn het toe gesê weerstoestande is ideaal vir die uitbroei van peste, met die warm tropiese, vogtige lug wat uit Wes-Afrika, die Kongo en Zaïre oor Suider-Afrika beweeg.

“Die Afrika-kommandowurm is ’n baie ernstige pes wat jou veld groot skade kan aanrig. Dit teer hoofsaaklik op weiding en sal soms ook gewasse invaar,” het hy gesê.

Hy sê die Afrika-kommandowurm is endemies aan Suider-Afrika, wat beteken dit kom natuurlik hier voor, maar reën en vog veroorsaak dat dit in groot getalle uitbroei.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 28° Rundu: 8° | 28° Eenhana: 8° | 30° Oshakati: 9° | 28° Ruacana: 10° | 29° Tsumeb: 10° | 25° Otjiwarongo: 8° | 25° Omaruru: 9° | 26° Windhoek: 5° | 22° Gobabis: 8° | 25° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 31km/h, Low tide: 05:24, High tide: 11:44, Low Tide: 17:20, High tide: 23:54 Swakopmund: 14° | 16° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:42, Low Tide: 17:18, High tide: 23:52 Walvis Bay: 14° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: NE, Low tide: 05:22, High tide: 11:41, Low Tide: 17:18, High tide: 23:51 Rehoboth: 8° | 24° Mariental: 10° | 27° Keetmanshoop: 12° | 25° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 13° | 18° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 9° | 22° Lubumbashi: 8° | 26° Mbabane: 8° | 21° Maseru: 5° | 17° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 11° | 25° Maputo: 16° | 25° Windhoek: 5° | 22° Cape Town: 16° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 10° | 17° Dar es Salaam: 21° | 32° Lusaka: 12° | 24° Harare: 10° | 22° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.4 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 852.48 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1481.64 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.67 Up +2.20% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13162.23 Down -0.2% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26417.6 Up +1.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.65/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.49/lb UP +0.63% | Zinc US$ 2 809.00/T UP 0.04% | Brent Crude Oil US$ 82.77/BBP UP +0.50% | Platinum US$ 957.56/OZ UP +1.01%