Afrigter se resep in boek gedeel
Atletiek
Malan Kruger, gewese atleet, oudonderwyser en gerekende atletiekafrigter, boekstaaf sy geheime vir sukses in atletiek wat oor 40 jaar opgebou is in sy boek Die Kruger Geheime wat vandeesweek bekendgestel word.
Raad vir alle items van baan- en veldatletiek word in die boek gedek en selfs ’n sielkundige voorbereidingsprogram ook – kort, bondig en prakties.
Die inhoud word afgewissel met kort atletiekverwante verhale en staaltjies.
Elke verhaal is deur die outeur self geïllustreer – karikature wat menige klasbewoner as ’n hulpmiddel tydens sy klasse sal onthou.
’n Uittreksel uit die voorwoord: “Benewens my groot liefde vir die sport... was dit (afrigting) ’n platform en verlengstuk van die klaskamer wat my lewenslange passie was. Hier kon ek my leerders beter leer ken . Jou masker val af as jy moeg is en die ware ‘jy’ na vore kom.
“... My keuse van aanbieding is prakties van aard en gestroop van te veel tegniese inligting wat slegs die ontvanger kan verwar en verveel. Ek dek ook ’n wye spektrum van items en tegnieke binne eenvoud en in ’n neutedop.”
Ter afsluiting word ook sy 100 voorkeuratlete gelys, “na wie ek graag eervol verwys as die wat my pad gekruis en ’n toevoeging gemaak het tot my en die sport se waardigheid.”
Die Kruger Geheime is by die nasionale biblioteek, die parlementêre biblioteek, Book Den, sekere skole en byeenkomste verkrygbaar. Slegs ’n beperkte getal teen N$149.99 elk is beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie