Afrigter onskuldig bevind; toer val deur mat

Die Hokkie-unie sal nie vanjaar junior spanne na Zimbabwe stuur nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die junior hokkie-afrigter Maryke Short is gister amptelik onskuldig verklaar op die venynige veldtog van beskuldigings van diskriminasie en rassisme wat deur die hokkie-ouer Ruth Herunga en haar volgers op sosiale media teen Short gerig is.

Die Namibiese Sportkommissie se hoofadministrateur, mnr. Freddy Mwiya, het gister 'n nuuskonferensie gehou waar mnr. John Kangowa as voorsitter van sy onafhanklike ondersoekspan hul uitslag bekend gemaak het.

Short en haar ma, Marita, het die nuuskonferensie bygewoon, maar Herunga was afwesig. Volgens Mwiya het die partye beide hul volle samewerking aan die ondersoekspan gegee.

Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) het reeds einde Augustus die verslag bekend gemaak van sy ondersoek wat geen gronde vir die klagte van diskriminerende of onregverdige optrede deur Short bevind het nie. Die Sportkommissie het egter destyds, asook gister, verklaar dat die NHU nie by magte was om 'n nuusverklaring hieroor uit te reik terwyl die Kommissie se ondersoek nog hangend was nie.

Op 'n mediavraag of Short 'n amptelike verskoning van Herunga gaan ontvang, het Kangowa geantwoord dat die Sportkommissie net met sy geaffilieerde beheerliggame kommunikeer, eerder as direk met die publiek.

In die Sportkommissie se skriftelike verklaring word aangedui dat die Hokkie-unie 'n paar tegniese swak gebiede op bestuursvlak het waarmee die Kommissie hom in die toekoms sal moet bystaan – “om soortgelyke klagte in die toekoms te vermy soos met ander sportkodes wat hoofsaaklik een rasgroep of stamgroep in sy spanne en bestuursvlak het”.

Kangowa het verduidelik dat die ondersoekspan bevind het dat die normale prosedure vir die aanwysing van Short as die nasionale o.16-meisiespan se afrigter nie gevolg is nie. “Na regte moes die pos met sy vereistes geadverteer gewees het. Die unie moes byvoorbeeld die klubs versoek het om 'n keurkomitee saam te stel wat die afrigters en die oefengroep sou aanwys, vir die uitvoerende bestuur om die finale toergroep goed te keur.”

Die NHU, verteenwoordig deur me. Mariëtta Stoffberg as sy visepresident vir vrouehokkie, het gesê: “Ons visepresident vir manshokkie en afrigtting, Conrad Wessels, is tans in Argentinië saam met die span by die Olimpiese Jeugspele en sou die beste persoon wees om hierop te antwoord.

“Ek kan egter wel sê dat ek heelwat korrespondensie vooraf gesien het waarin die klubs versoek is om vier afrigters vir die toere na Zimbabwe (o.16 en o.18 seuns en meisies) te benoem. Daar was nie baie name op die tafel nie, maar Wanderers het hul afrigter Maryke benoem, wat ook die o.16-span vroeër op 'n suksesvolle toer na Suid-Afrika geneem het.

“Heelwat van die probleme het ontstaan deurdat Zimbabwe ons net drie weke kennis vir die toer gegee het. Dit is moontlik dat onder die tydsdruk om die aanstelling van afrigters goed te keur, kortpaaie met die gebruiklike prosedure geneem is. Dalk moet ons in die toekoms eerder toere kanselleer as om weens oorhaastigheid in die moeilikheid oor prosedure te beland.”



'BEGIN VAN VOOR AF'

Stoffberg het bevestig dat Namibië vanjaar geen junior hokkietoer na Zimbabwe sal onderneem nie. Die buurlande het laas jaar met oor en weer toere om die beurt begin toe Zimbabwe spanne hierheen gestuur het.

Die Sportkommissie het gelas dat die ganse proses om die o.16-span saam te stel, van voor af moet begin – insluitend die aanwysing van die afrigter.

Stoffberg het gesê die NHU sal dit verwelkom indien Maggy Mengo ná haar uittrede in afrigting betrokke raak, maar Mengo is steeds as die nasionale spankaptein 'n aktiewe speler wat laas week die eerste vrou geword het wat 50 wedstryde vir Namibië speel. Die Sportkommissie het vroeër vir Mengo benoem om oor te neem toe die Kommissie te midde van die debakel vir Short as afrigter van die o.16-meisies verwyder het.

Maryke Short het op 'n vraag geantwoord dat sy waarskynlik wel 'n aansoek vir die afrigterskap sal indien. “Hokkie-afrigting en die ontwikkeling van jong spelers is my passie. Ek het nie voornemens om op te hou afrig nie. Alles gebeur met 'n rede en ek sal van my kant uit my foute leer en dinge anders hanteer.”

Kangowa het herbeklemtoon dat dit Short vry staan om aansoek te doen, want sy is vrygespreek van enige oortreding.

Mwiya het die mening uitgespreek dat Namibië se hokkiespanne wat onlangs by die Afrika Jeugspele in Algiers, asook tans by die Olimpiese Jeugspele in Buenos Aires meeding, nie “insluitend” saamgestel is nie.

Op 'n vraag hieroor het Stoffberg gesê hokkie is dalk nie 'n sport waarmee alle kultuurgroepe tradisioneel grootword nie, maar daar word hard gewerk om die spel wyer te bevorder en daar is talle geleenthede.

“Ons benadering is om elke jaar vier streke te identifiseer waar ons hokkieklinieke aanbied. Ons sal vooraf al die skole in die gebied daaroor inlig en eerste die belangstellende onderwysers ontmoet. Dikwels los ons hokkiestokke vir die kinders agter, maar opvolgwerk bly belangrik.

“Nogtans verg dit tyd vir enige sport om te groei en die realiteit is dat al die groot toernooie op die astro-bane in Windhoek gespeel word. Vervoerkoste staan dus soms in die pad van ontwikkeling, maar hopelik kan ons in 'n groter mate met die Sportkommissie hande vat.

“Die feit is dat Namibië oor soveel talentvolle spelers en atlete beskik. Sommiges spits hul volle aandag op ander sportkodes toe en gaan dus vir hokkie verlore, maar wêreldwyd is dit 'n groeiende sportkode en Namibië se spanne presteer baie goed op internasionale vlak.”

Short se ma, Marita, het die Sportkommissie bedank vir sy ondersteuning deur 'n moeilike periode en vir sy rol in die grondwerk vir versoening tussen die partye.

Marita het uitgewys dat die vlak van beledigings en dreigemente op sosiale media en in persberigte wat haar dogter vanweë die valse beskuldigings moes verduur – soos oproepe dat sy uit die land gedeporteer moet word – emosioneel nie maklik was om te hanteer nie.



ONTWIKKELING

Maryke Short was tot dusver ook betrokke as afrigter by 'n ontwikkelingsprogram by BDO Wanderers-hokkieklub, maar sy sê vanweë die debakel oor die November-toer het die program basies doodgeloop.

“Ons sal maar in Januarie van voor af begin met die program deur uitnodigings na alle skole te stuur. Deur die program werk ons aan spelers se vaardighede vanaf vierjarige ouderdom en ons berei hulle voor om later hokkie op klubvlak te kan speel. Die klem is op ontwikkeling en daarom is die koste van registrasie nie hoog nie.”

Short sê na haar oordeel is Herunga se 14-jarige dogter, Liyah, se spelpeil as verdediger volwasse genoeg om haar te laat geld ongeag of sy in die nasionale o.16- óf o.18-span ingesluit word. Dit was juis die jong Herunga se “bevordering” na die o.18's, toe van die ouer spanlede weens eksamens moes onttrek, wat die rasse-debakel laat ontplof het.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%