Afrigter Davies se era afgesluit
Rugby
Vir sy laaste wedstryd as afrigter van Namibië het Phil Davies 'n ervare beginvyftiental aangewys vir komende Sondag se belangrike Wêreldbeker groep B-ontmoeting teen Kanada in die Kamaishi Recovery Memorial-stadion.
Die bonkige voormalige Walliese slot (55), wat self in die Wêreldbekers van 1987 en 1991 gespeel het, het reeds aangedui dat die naweek se wedstryd waarskynlik sy laaste aan die stuur van Namibië sal wees.
“Ek voel emosioneel oor die spelers met wie ek die afgelope vyf jaar 'n pad saam gestap het.
“Alle goeie dinge kom tot 'n einde. Ek wil net seker maak dat ons die spelers in terme van voorbereiding die beste moontlike kans gee om goed te presteer. Dit is die belangrikste. Dit is vir my die grootste doelwit. As die spelers dit geniet en agterna kan glimlag en weet dat hulle 'n goeie taak verrig het, sal die telbord hopelik ook in ons guns wees.”
Hy is deeglik bewus wat 'n geweldige deurbraak 'n oorwinning Sondag vir sy span sal wees.
“'n Oorwinning sal van groot betekenis wees, want hierdie groep sal iets regkry wat vyf voriges nie kon vermag nie. Dit sal die land se entoesiasme vir die spel hoog hou. Dit sal wys dat die belegging in Namibiese rugby vooruitgang en ontwikkeling oplewer.
“Ons vooruitgang en ontwikkeling deur prosesse tot hier was nogtans geweldig.
“Vir die 2015 Wêreldbeker het Namibië (met ewe veel ligapunte as Zimbabwe en Kenia) net op grond van 'n beter punteverskil gekwalifiseer. Vir hierdie siklus het ons die afgelope vier jaar teen geen Afrika-span verloor nie.
“Ons spelersgroep is gemiddeld veel jonger. Daar is baie waarop voortgebou kan word in terme van die nasionale rugby-akademie en hoëprestasiesentrum wat op die been gebring is, asook die groep se jeugdigheid.
“Dalk is dit baie gevra om te sê dat jou toekomspad van een wedstryd afhang, maar dit bly tog 'n groot geleentheid.”
• Sewe dae ná die span se fisieke stryd teen die All Blacks het Davies 'n grootliks voltallige groep spelers gehad om uit te kies, met flank Thomasau Forbes en slot Pieter-Jan van Lill die enigstes wat as beseerdes gelys word.
Darryl de la Harpe, in sy 51ste toets, hervat sy gevestigde senterkombinasie met die kaptein Johan Deysel, wat 'n stamp teen die skouer afgeskud het en na buitesenter verskuif.
Namibië se ervare skakelpaar van Cliven Loubser en Eugene Jantjies maak ook hul terugkeer tot die beginspan. Hulle vervang Helarius Kisting en Damian Stevens, wat beide goed presteer het in laas naweek se wedstryd teen die All Blacks en wat beide op die reserwebank gereed sal sit.
Die slot Tjiuee Uanivi is die enigste speler van Namibië óf Kanada wat vir die volle 80 minute in elkeen van sy span se drie Wêreldbeker-wedstryde sover op die veld was.
In die 2015 Wêreldbeker in Engeland het Uanivi en losskakel Theuns Kotzé ook die volle 80 minute in al vier wedstryde gespeel. JC Greyling en Johann Tromp was vanjaar ook in al Namibië se WB-beginspanne, teen Italië, Suid-Afrika en Nieu-Seeland.
• Vier Namibiërs het oorgebly wat ook in die beginspan was in die laaste ontmoeting teen Kanada – in November 2014 in die Walliese kusdorpie Colwyn Bay, toe Kanada met 17-13 gewen het. Hulle is haker Torsten van Jaarsveld, slot Tjiuee Uanivi en die senterpaar Johan Deysel en Darryl de la Harpe.
Vir die wedstryd in 2014 was Jacques Burger die Namibiese kaptein en het ook sy span se enigste drie met 'n lynstaandryf gedruk, in 'n wedstryd waarin heelagter Chrysander Botha die veld met 'n gebreekte enkel verlaat het. Rohan Kitshoff (nr. 6, geel kaart), PJ van Lill (nr. 8) en Johann Tromp (nr. 23) was ook op die nat, koue aand betrokke.
• In 1999 het 'n Namibië-span geteister deur onenigheid hom met 72-11 teen 'n kragtige Kanada-span vasgeloop in hul laaste wedstryd van die toernooi.
• In 2014 het die twee lande se paaie wel op dag een by die Wêreldrugby Onder 20 Trofee-toernooi in Hongkong gekruis. Die Namibiese o.20-span onder kapteinskap van Awie Thompson het met 37-25 gewen. Spanlede soos Wian Conradie, Louis van der Westhuizen, Janco Venter, Johan Retief en Justin Newman het sedertdien gevorder om lede van vanjaar se senior Wêreldbeker-groep te wees.
In die volgende jaar se o.20-toernooi in Kanada het die rooies egter met 35-20 wraak geneem teen 'n Namibiese junior span wat Retief, Van der Westhuizen, Max Katjijeko, Damian Stevens, Newman en Lesley Klim bevat het.
NAMIBIË (teen Kanada): 1 André Rademeyer, 2 Torsten van Jaarsveld, 3 Aranos Coetzee, 4 Johan Retief, 5 Tjiuee Uanivi , 6 Prince !Gaoseb, 7 Wian Conradie, 8 Janco Venter, 9 Eugene Jantjies , 10 Cliven Loubser, 11 JC Greyling, 12 Darryl de la Harpe , 13 Johan Deysel (kaptein), 14 Lesley Klim, 15 Johann Tromp.
Reserwes: 16 Louis van der Westhuizen, 17 AJ de Klerk, 18 Desiderius Sethie, 19 Max Katjijeko, 20 Rohan Kitshoff, 21 Damian Stevens, 22 Helarius Kisting, 23 Chad Plato.
• Kanada se span word vandag aangekondig. - rugbyworldcup.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie