African in Gunners se visier
African in Gunners se visier

African in Gunners se visier

Sokker
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die eindstryd van die 2017 Debmarine-beker word Saterdag by die Legare-stadion op Gobabis tussen die meer gesoute Mighty Gunners van Otjiwarongo en Young African van Gobabis beslis.

African is Namibiese Premierliga-groentjies (NPL) en speel vanjaar vir die eerste keer in Namibië se voorste sokkerkompetisie terwyl Gunners met hope ondervinding vir die afgelope paar jaar sy tande in die NPL slyp. Alhoewel Gunners die meer ervare klub van die twee finaliste is, vertel sy huidige posisie ná ronde nege en tien op die NPL se ligaleer 'n ander verhaal.

Gemeet aan die statistieke van die NPL se ligaleer, het Gunners nie veel van 'n kans om African te klop nie. Gunners wat tans 12de (van 16 spanne in die NPL) met tien ligapunte is, kon sedert 20 Oktober 2017 net drie van sy tien botsings wen. Hy het ses keer verloor, een keer gelykop gespeel, 14 doele aangeteken en 16 doele teen hom afgestaan.

Daarenteen het African die NPL-kompetisie soos 'n jong orkaan getref om ná tien wedstryde vierde met 17 ligapunte te spog. Sy positiewe doelverskil van twee is te danke aan sy 12 doele aangeteken terwyl tien teen hom behaal is.

Ook kon African daarin slaag om vyf keer as oorwinnaars van die veld te stap en twee gelykop beslissing af te dwing.

Gunners het die afgelope naweek met een elk gelykop teen Citizens gespeel, maar is Sondag deur Unam met 2-1 huis toe gestuur.

African se sege van 2-1 teen Civics het Sondag gevolg nadat hulle so byna vir African Stars die vorige dag in Windhoek tot oorgawe gedwing het. Stars wat ná nege kragmetings die voorloper met 25 ligapunte is, het nog nie 'n botsing verloor nie en African se telling van 1-1 teen hom is 'n goeie aanduiding waartoe die jong Turke van Gobabis in sy agterplaas instaat kan wees.

Vroeër vandeesweek is die twee finaliste asook beamptes se toerusting vir die finaal aan hulle oorhandig waar mnr. Willy Mertens, senior finansiële bestuurder van Debmarine, teenwoordig was.

“Ons is daarop ingestel om geleent­hede vir jong Namibiërs deur sport te skep. Die eerste weergawe van die Debmarine-bekerkompetisie het ons beslis nie teleurgestel nie, want selfs Ricardo Mannetti, hoofafrigter van die Namibiese nasionale sokkerspan, kon rustig na talent by ons ­wedstryde soek,” het Mertens gesê.



Dis ons s'n

John Ndjalo, kaptein van Gunners, is egter van mening dat sy span gereed is om Saterdag sy eerste elite trofee omhoog te hou. Volgens die kaptein is sy span se huidige posisie in die NPL geen barometer vir waartoe sy span in staat is nie.

“Die regte Gunners-span sal Saterdag opdaag, en met harde werk die afgelope ruk gaan en sal ons die gesogte trofee omhoog hou. 'n Finaal verskil hemelsbreed van 'n ­ligawedstryd.

Ons ondervinding van vier jaar gelede toe ons net-net in die Bidvest-finaal verloor het, gaan in ons guns tel. Daar is nie 'n manier dat ons African gaan onderskat nie, want hulle het vanjaar gewys wat in hulle steek,” het die kaptein vol vertroue vertel.



Prysgeld

Die wenner van die 2017 Debmarine-beker sal met N$500 000 beloon word terwyl die naaswenner se tjek van N$250 000 nie te versmaai is nie.

Beide spanne het elk reeds N$108 000 vir hul finale voorbereidings en ander kostes vir die eindstryd gekry. Die speler van die wedstryd ontvang N$5 000 en moet 'n liefdadigheidsorganisasie aanwys wat dieselfde bedrag sal kry.

Die beste afrigter, speler en voorste doelskieter van die hele kompetisie sal ná N$20 000 se pryse met heelwat dikker beursies spog terwyl die beste doelwagter, skeidsregter en ­hulpskeidsregter met N$15 000 verras sal word. - Bykomende inligting Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%