African Bank maak wins
African Bank het ’n wins van R53 miljoen vir die ses maande tot einde Maart gemaak.
Die bank, wat weer sy bedrywighede op 4 April 2016 hervat het, het Dinsdag in ’n Sens-verklaring gesê hy het vir die voorafgaande ses maande, wat hy as vergelykende tydperk gebruik, ’n verlies van R1,699 miljard gelei.
Sy bedryfswins voor belasting het egter met 73% tot R83 miljoen gedaal.
Die bank verduidelik die daling aan die hand van ’n laer opbrengs van R11 miljoen wat op die terugkoop van skuldbriewe verkry is. Die meeste van die terugkooptransaksies is in die vorige tydperk afgehandel.
African Bank het in Julie 2016 aangekondig dat hy $500 miljoen se effekte in buitelandse geldeenhede terugkoop in ’n poging om sy rentelas te verminder.
African Bank is ’n volfiliaal van African Bank Holdings.
In die geval van die beheermaatskappy het sy bedryfswins voor belasting met 2,9% tot R345 miljoen gestyg.
Wins is R315 miljoen teenoor die verlies van R1,699 miljard in die vorige tydperk.
Verdienste uit versekeringsbedrywighede het met 748% tot R280 miljoen gestyg.
“Ons is tevrede met ’n goeie stel resultate wat ’n kern-leningsonderneming weerspieël wat steeds in ’n taai omgewing verbeter,” sê Brian Riley, uitvoerende hoof.
“Kredietrisiko bly onder streng beheer binne die konteks van verstaanbare laer volumes van nuwe sake. Dit is weens die bank se konserwatiewe benadering tot ’n sukkelende ekonomie en die impak van verandering op beleid,” verduidelik hy.
Afleggings
African Bank se resultate volg kort nadat dit verlede week bekend geword het dat die bank beplan om 652 poste vakant te maak as deel van sy poging om koste te beheer.
Myan Soobramoney, nasionale sekretaris vir die vakbond Sasbo, het bevestig hulle het ’n kennisgewing van African Bank ontvang en dat 652 werknemers ingevolge die Arbeidswet hul werk kan verloor. Sasbo is by Cosatu geaffilieer.
Soobramoney sê Sasbo het die aangeleentheid na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys.
Hy sê dit lyk asof African Bank gedwonge afleggings wil instel en die vakbond is daarteen gekant.
Riley sê: “Die bank gaan met onderhandelinge met Sasbo begin en dit sal deur die KVBA gefasiliteer word.
“Die eerste datum vir konsultasie van 30 Mei is deur al die partye bevestig. African Bank sal ná hierdie konsultasieproses, wat verskeie dae of weke kan duur, meer inligting bekend kan maak.”
African Bank Holdings is in Augustus 2014 deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) weens sy hoë skuldlas in kuratorskap geplaas.
African Bank het in April 2016 weer met bedrywighede begin met die SARB, die Openbare Beleggingskorporasie en ’n konsortium van ses plaaslike banke as aandeelhouers. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie