.Africa-domein is hier
JJ van Wyk - Die langverwagte .Africa-domein is vanaf 3 April beskikbaar en sal deur die Suid-Afrikaanse Sentrale Register (ZACR) geadministreer word.
Volgens Donvay Wegierski, 'n direkteur van Werksmans Attorneys, bied dit opwindende geleenthede vir ondernemings en individue wat bande met Afrika het om 'n globale gehoor te bereik.
Beskikbaarheid van die domein is etlike jare lank vertraag weens oponthoude met die aanwys van 'n geakkrediteerde registrateur.
Daar is 'n aanvanklike tydperk waar registrasie net oop is vir handelsmerkhouers wat geldige handelsmerke geregistreer het by of die MVS (Mark Validation System) of Trade Mark Clearing House (TMCH).
Dié registrasietydperk begin op 3 April en duur tot 2 Junie en domeinname sal aan die einde daarvan toegeken word, met 'n veiling as daar twee of meer aansoekers is vir 'n spesifieke domein.
Aansoeke sal vanaf 3 Julie oopgestel wees vir enige belangstellende party wat 'n .Africa-domeinnaam wil registreer.
Voorkeur word in rangvolgorde verleen aan:
*Houers van geregistreerde handelsmerke wat deur 'n hof in Afrika geldend verklaar is;
*Houers van geregistreerde en hofgeldende handelsmerke buite Afrika;
*Afrika-maatskappye en trusts; en
*Maatskappye en trusts buite die kontinent;
Die registrasie is geldig vir een jaar en moet jaarliks hernu word.
Die koste om te registreer sal in die aanvanklike geslote tydperk heelwat goedkoper wees as wanneer die res toegelaat word om in te spring, aldus Werksmans. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie