Afgraderings lol met Barclays se planne
Barclays se plan om sy Afrika-afdeling, wat Absa insluit, te verkoop word in die wiele gery deur Suid-Afrika se politieke woelinge en die onlangse afgraderings, volgens bankbronne en batebestuurders.
Die Britse bank, Barclays het homself twee tot drie jaar gegee om sy beherende belang in Barclays Africa te verkoop toe hy die plan vroeg in 2016 aangekondig het.
Hy het 12% van sy belang in Mei 2016 verkoop in 'n versnelde boekbou – 'n verkoop van aandele
in 'n betreklik kort tydperk.
Barclays het die afgelope twee weke nog 'n versnelde boekbou beplan, maar dit uitgestel weens die ekonomiese en politieke onsekerheid in Suid-Afrika, volgens 'n bron in die bank met kennis van die saak.
'n Woordvoerder van Barclays in Londen wou nie kommentaar lewer nie.
Die onlangse afgraderings van Suid-Afrika se staatskuld deur Standard & Poor's en Fitch het ook gelei tot die afgradering van die banke, aangesien hulle nie 'n hoër gradering as die soewereine gradering kan hê nie.
Die afgraderings verhoog die risiko van 'n uitgerekte tydperk van ekonomiese stagnasie en het beleggersvertroue in banke geraak. Banke se vertoning is nouliks gekoppel aan die ekonomie en meer as R130 miljard van die banke se markwaarde is in twee weke uitgewis.
Die poel van potensiële kopers vir die belang in Barclays Africa is ook besig om te krimp, volgens die bankiers.
Dit is omdat die mandaat van sommige institusionele beleggers hulle nie toelaat om in bates met verslegtende kredietgraderings te belê nie.
“Barclays Plc het 'n moeilike keuse – gaan voort en verkoop Barclays Africa teen 'n lae genoeg prys om beleggers te lok, of wag, moontlik 'n hele paar jaar, totdat die situasie gestabiliseer het,” sê Kokkie Kooyman, portefeuljebestuurder van Denker Capital.
- Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie