Afgradering in SA reeds deur markte ingeprys
Beleggers skrik op die lyf gejaag
’n Afgradering van Suid-Afrika se kredietstatus is reeds ingeprys in die finansiële markte, met die pryse van Suid-Afrikaanse kredietruilkontrakte wat sedert Dinsdag tot hoër as dié vir Turkye en Rusland gestyg het.
Dit volg op die nuus dat ’n klag van bedrog teen Pravin Gordhan minister van finansies, ingedien is.
Kredietruilkontrakte – vyfjaarkontrakte wat finansiers gebruik om hulself te verseker as iemand nie hul skuld terugbetaal nie – het tot die hoogste vlakke sedert Julie gestyg, die rand het tot die swakste vlak sedert Junie teenoor die dollar geval, en vooruitkoersooreenkomste, wat gebruik word om teen uitleenkoste te spekuleer, het ook skerp gestyg.
Simon Quijano-Evans, strateeg van Legal & General plc in Londen, sê Suid-Afrika is reg aan die onderpunt van die beleggingsgraadspektrum. “Enigiets wat tot ’n swakker agtergrond vir die kredietgraderingsbesluit lei, sal beleggers afskrik.”
Die rand het gister verder gedaal en teen 12:30 teen R14,47 teenoor die Amerikaanse dollar verhandel. Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse geldeenheid Dinsdag met die nuus van Gordhan met 3,9% geval het. Markontleders waarsku dat die politieke magstryd wat tot aanklagte van bedrog teen die minister van finansies gelei het, die rand oor die volgende paar weke slae gaan gee.
Gordhan moet op 2 November in die hof in Pretoria verskyn, net ’n maand voordat S&P Global Ratings hul beraming oor Suid-Afrika se kredietstatus bekend sal maak. S&P het die land tans net een vlak bo rommelstatus.
Die dagvaarding van Gordhan is die jongste kinkel in die sage wat in Desember begin het toe pres. Jacob Zuma vir Nhlanhla Nene as finansminister vervang het met ’n onbekende parlementslid, wat toe ná vier dae met Gordhan vervang is toe die rand en staatseffekte deurgeloop het.
Die stryd om beheer van die nasionale tesourie het egter beleggers- en sakevertroue tot naby die laagste vlakke in 30 jaar laat val.
Staatseffekte
Die opbrengskoers op Suid-Afrika se 10-jaar-staatseffekte het ook sedert Dinsdag tot die hoogste vlak onder 24 opkomende markte gestyg – bokant dié van Turkye en Brasilië. S&P en Moody’s het Turkye en Rusland albei op rommelstatus. S&P het Brasilië ook verlede jaar tot rommelstatus afgegradeer.
S&P en Fitch Ratings gaan albei hul gradering van Suid-Afrika se kredietstatus in Desember hersien, en het dit albei in Junie nog bo rommelstatus gehou. Moody’s gaan op 25 November sy gradering vir Suid-Afrika hersien, wat hy tans nog op twee vlakke bo rommelstatus het – maar met ’n negatiewe vooruitsig.
Fabian de Beer, beleggingshoof by Mergence Investment Managers, sê talle beleggers het reeds ’n afgradering ingereken. “Ons het groot verkope aan die effektekant gesien die afgelope week. As buitelanders beïnvloed word deur wat die kredietgraderingsagentskappe oor vooruitsigte te sê het, gaan hulle ’n bietjie meer versigtig wees.”
Buitelandse beleggers het in die afgelope vyf dae ’n netto R6,84 miljard se Suid-Afrikaanse effekte verkoop, volgens syfers van die JSE.
Gordhan het juis vroeër vanjaar moeite gedoen om ’n afgradering af te weer en was verlede week in New York saam met sakeleiers en Lesetja Kganyago, hoof van die Reserwebank, om vertroue in die plaaslike ekonomie te probeer herstel.
Adrian Saville, hoofstrateeg by Citadel, meen S&P sal die ergste reageer van al drie die groot agentskappe. “Hy was straks die mees uitgesproke oor sy kommer oor politieke stabiliteit en beleidsonsekerheid.”
Ravi Bhatia, ’n direkteur van S&P in Londen, sê die dagvaarding van Gordhan was nie ’n groot verrassing nie en dit is een of ander tyd verwag. “Hoewel dit die aandag aftrek, is ons hoofsaaklik toegespits op Suid-Afrika se ekonomiese en fiskale resultate,” het hy gesê. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie