Afghanistan wil Indiu00eb dronk draai
Afghanistan wil Indiu00eb dronk draai

Afghanistan wil Indië dronk draai

Krieket
Rashid Khan, die voorste draaier in vanjaar se Indiese Premierliga, is een van vier draaibal-boulers in Afghanistan se groep vir sy geskiedkundige eerste toetswed­stryd teen Indië.

Dié bybreker het 21 paaltjies laat kantel vir die Sunrisers Hyderabad, wat die eindstryd van die IPL gehaal het.

Afghanistan gaan sy toetsbuiging op 14 Junie in Bengaluru maak.

Mujeeb Ur Rahman was vanjaar vir die Kings XI Punjab in aksie.

Die 19-jarige hotklou Zahir Khan kon weens 'n vingerbesering nie vir die Rajasthan Royals speel nie.

Laasgenoemde was in die land se junior span wat die halfeindronde van die o.19-Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland gehaal het.

Die vierde draaier, Amir Hamza, was die voorste bouler in Afghanistan se plaaslike meerdagreeks.

Die snelbouler Dawlat Zadran kon weens 'n kniebesering nie oorweeg word nie.

Afghanistan se toetsgroep: Asghar Stanikzai (k), Javed Ahmadi, Ihsanullah, Mohammad Shahzad, Mujeeb Ur Rahman, Nasir Jamal, Rahmat Shah, Hashmatullah Shahidi, Afsar Zazai, Mohammad Nabi, Rashid Khan, Amir Hamza, Sayed Shirzad, Yamin Ahmadzai, Wafadar, Zahir Khan.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer