Affies trap Gim-Leeus se tjank af

Skolerugby
Sportredaksie - Vriend en vyand was verras deur die uitslag toe KMC/JCC Windhoek Affies se eerste rugbyspan Woensdag die krane oopgedraai en 'n wegholsege met 40-8 teen die Schoemans-groep Windhoek Gimnasium Leeus opgestapel het.

Gimnasium, die verdedigende kampioen, het die vorige naweek ook teen Samsung WHS 'n bloedneus gekry en was sonder 'n paar van sy staatmakers.

Die rooies het by Affiespark in Pionierspark besoek afgelê, maar sou nooit verwag het om met só 'n loesing van die veld te stap nie.

'n Drie deur haker Louw Steenkamp en strafdoel deur losskakel Wiks Conradie was uiteindelik die enigste beloning vir Gimnasium ná 'n harde dag.

“Dit was 'n baie goeie wedstryd en beide spanne het verbete ingeklim, veral voorlangs,” sê Johan Zaayman, afrigter van Windhoek Affies, wie se span streef om soos in 2016 weer tot die Momentum o.19 Superliga-finaal deur te dring.

“Ek is beïndruk met my seuns wat deurgaans op aanval en verdediging eenvoudig nie opgehou het nie. Dit het veroorsaak dat ons 'n paar baie mooi drieë kon druk.

“Ek voel daar is nog ruimte vir verbetering, want ons lynstane was nie goed nie en met tye was ons 'n bietjie staties, maar sal 'n afrigter ooit tevrede wees?”

Die stut Jurgen-Leigh Human het twee drieë vir die wenspan gedruk en die skrumskakel en kaptein Danie van der Merwe is ook twee keer oor die doellyn. Senter Christiaan Celliers en heelagter Herman Steyn het Affies se ander drieë gedruk, waarvan losskakel Johan Zaayman drie en vleuel Keanu Engelbrecht een verdoel het.



WALVIS WERK VIR WEN

Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoërskool is Woensdag deur die nuweling en buurspan van Swakopmund, Mototech Pro-Ed Akademie, eerlik gehou vir 'n oorwinning met 39-22.

Mnr. Henjan van der Heyde, afrigter van Walvisbaai, sê van sy jonger spelers moet gewoond raak aan die druk van die o.19-premierliga.

“Ons het in die proses ses drieë gedruk. Pro-Ed het met drie vyfpunters geantwoord asook twee doelskoppe en 'n skep­skop.

“John Faul, Victor van der Watt, Johan van der Merwe, Eli Engelbrecht, Aston Mukwiilongo en Leon Asmundson het vir ons gaan druk. Ons ander punte het van drie doel- en 'n strafskop van Juvino Polster gekom.

“Walvisbaai het vanjaar 'n baie jong span. Ons wil graag kompeterend wees, dus moet die seuns nog aan die druk van die premierliga gewoond raak. Die span werk hard daaraan om volgende jaar weer 'n faktor te wees.

“Ons as afrigters wil graag die seuns die waarde van selfrespek en agting vir hul teenstanders leer. Die ouens moet eerstens die spel geniet en voluit leef, want dit kan dalk jou laaste dag wees,” sê Van der Heyde filosofies.

Pro-Ed, wat hom reeds as 'n hand vol bewys het, se driedrukkers was Petrus Burger, Donell Gonteb en die kaptein Henry Fourie.

Godwin Silvanus het met twee doelskoppe geslaag en ook 'n skepskop deur die pale gestuur.

• Môre se o.19 premierligawedstryde:

WAP tn Tsumeb Gimnasium 11:20

Moria tn Pro-Ed 12:00

Windhoek Gimnasium tn Walvisbaai 13:20

Pupkewitz Haval Elnatan tn Samsung WHS II 13:20

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.18 | EUR to NAD 19.99 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.59 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.51 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.59 | USD to ZMW 27.27 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.30/OZ UP +0.04% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0132 | Zinc US$ 2 911.30/T DOWN -1.45% | Brent Crude Oil US$ 82.96/BBP DOWN -0.0071 | Platinum US$ 970.18/OZ DOWN -0.0086 #N/A