Adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste ontvang eerste entstof teen Covid-19
Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, was vandag die eerste persoon in Namibia wat die Sinopharm-entstof teen Covid-19 in Namibië ontvang het. Die minister, dr. Kalumbi Shangula, het die oomblik as geskiedkundig beskryf en gesê dit is die eerste stap om die Namibiese bevolking teen die pandemie te beskerm. Die eerste rondte van die immuniserings het vandag in Khomas en Erongo afgeskop en duur tot 16 April. Gesondheidswerkers aan die voorpunt van die epidemie is eerste in die ry om die entstowwe te ontvang.
Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie en hoof van die Covid-19 taakspan vir die ontplooiing en immunisering teen die siekte, me. Petronella Masabane, het tydens dieselfde geleentheid bevestig Namibië ontvang môre 30 000 dosisse Covidshield van Indië se Serum Instituut.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie