Adjunkminister skuld Agribank N$10,6 m
Adjunkminister skuld Agribank N$10,6 m

Adjunkminister skuld Agribank N$10,6 m

‘n Adjunkminister se regspan kry hom nie opgespoor vir instruksies oor hoe hy skuld aan Agribank wil terugbetaal nie.
Ellanie Smit
Ellanie Smit - Agribank eis in die hoërhof in Windhoek in drie afsonderlike sake meer as N$10,6 miljoen van die adjunkminister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Tommy Nambahu.

Dié bank het regter Boas Usiku ook versoek om die verkoop van twee eiendomme, waaronder ‘n plaas, te gelas.

Dié eise is op 5 Februarie toegestaan deurdat verstekvonnisse teen die adjunkminister uitgereik is, terwyl die hof ook opdrag gegee het dat die betrokke eiendomme opgeveil word.

Nambahu se regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, het aan die hof gesê dit was sy kliënt se voorneme om die saak met Agribank te skik, maar dat hy nie sy kliënt in die hande kon kry om die skikkingsooreenkoms vir die terugbetaling te bespreek nie.

Agribank het vroeër ingestem dit kan geskied, waarná Usiku opdrag gegee het dat ‘n skikkingsooreenkoms in besonderhede deur Nambahu vir verdere oorweging aan die hof voorgelê sou word.

Sy regspan het die hof gister ingelig hulle kon nie hul kliënt in die hande kry om die ooreenkoms vir die terugbetaling van die skuld op te stel nie.

Sy regspan het die hof meegedeel hulle het by vier geleenthede probeer om hom in die hande te kry, maar kon nie daarin slaag nie. Dit was op 12, 22 en 28 Januarie, asook weer Maandag.

Dit blyk uit die besonderhede van die eerste eis Nambahu skuld N$24 877 op ‘n lening wat Agribank op 9 Augustus 2010 in Windhoek met hom aangegaan het.

Agribank het N$204 900 aan Nambahu teen ‘n rentekoers van 9,25% geleen, wat oor vyf jaar terugbetaalbaar was.

Luidens die stukke is hy sedert November 2017 agterstallig met die terugbetaling daarvan en skuld hy Agribank N$23 232 plus rente.

Dit blyk verder Agribank is die vyfde verbandhouer op ‘n eiendom in Pionierspark se uitbreiding 1 as sekuriteit vir hierdie lening. Dié bank het die hof gevolglik versoek om die verkoop van die eiendom te gelas.

Die tweede en derde eis is vir onderskeidelik N$9,4 miljoen en N$1,25 miljoen, asook vir die opveiling van ’n plaas in die Otjozondjupastreek.

In die besonderhede van die tweede eis sê die bank hy het op 4 September 2015 ‘n ooreenkoms vir ‘n lening van meer as N$7,3 miljoen met Nambahu aangegaan. Die lening is vir ‘n tydperk van 25 jaar.

Volgens Agribank is Nambahu sedert 24 Mei verlede jaar agterstallig met die terugbetaling daarvan. Hy skuld die bank N$9,4 miljoen plus rente.

Agribank sê in sy eisbesonderhede die ooreenkoms bepaal dat indien Nambahu in gebreke bly om die lening terug te betaal, die volle uitstaande bedrag onmiddellik betaalbaar word.

Die derde eis hou ook verband met ‘n leningsooreenkoms wat op 4 September 2015 aangegaan is – in dié geval ter waarde van N$1,11 miljoen.

Nambahu se terugbetaling hierop is sedert 4 April verlede jaar uitstaande en hy skuld Agribank ingevolge die ooreenkoms N$1,255 miljoen.

Die bank het die hof gevra om te gelas dat sy plaas Venenatum opgeveil word om die skuld te delg waarna in die tweede en derde eis verwys word. Dié plaas is 5 179 ha groot. Die rede daarvoor is dat Agribank ‘n verband as sekuriteit vir die lenings op dié plaas geregistreer het.

Amoono het aan die hof gesê hulle sal volstaan by wat die hof ook al verder gelas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026