Adjunk- eerste minister verheug oor aanstellings
Sedert die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, as buitelandse minister aangestel is, het sy haar beywer vir Namibiese burgers se betrokkenheid by internasionale organisasies soos die Verenigde Nasies (VN), die Afrika-unie en die Statebond-sekretariaat.
Om dit te verseker het haar ministerie voorspraak gemaak vir internasionale aanstellings in dié verband.
Nandi-Ndaitwah wys daarop dat die aanstelling van adv. Bience Gawanas as ondersekretaris-generaal van die VN om raadgewer oor Afrika te wees, en die aanstelling van amb. Selma Ashipala-Musavyi as lid van die adviesraad oor ontwapening toon dat dié voorspraakwerk vrugte afgewerp het.
“Albei hierdie aanstellings in hoëprofielposisies versterk Namibië se beeld en dien as inspirasie vir die Namibiese volk, veral vir jongmense, asook mans en vroue, om hard te werk en hoog te mik.
“Terwyl adv. Gawanas en amb. Ashipala-Musavyi voorberei om hul onderskeie nuwe verantwoordelikhede te aanvaar, die mense van Afrika te verteenwoordig en internasionale vrede en veiligheid na te streef, verseker ek hulle van die mense en regering van Namibië se ondersteuning en beste wense.
“Hulle het ons land 'n groot eer aangedoen en ons is ongelooflik trots op hulle,” het Nandi-Ndaitwah gesê.
Sy het ook haar dank teenoor die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, mnr. António Guterres, vir sy keuse van Gawanas en Ashipala-Musavyi uitgespreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie