Adj.komm. van Kavango-Oos sterf
Adj.komm. van Kavango-Oos sterf
09 August 2018 | Mense
Volgens ’n verklaring van die Namibiese polisie het adj.komm. Paulinus Nekundi (56) die afgelope Vrydag in sy huis in die Tutungeni-nedersetting by Rundu gesterf.
Hy het op 1 Julie 2000 by die Namibiese polisie aangesluit ná hy lid van die Namibiese weermag (NDF) was.
Sy loopbaan as polisie-inspekteur het by Khomas se streek- hoofkantoor se radio- en kommunikasie-eenheid afgeskop.
In 2004 is hy in dieselfde eenheid na Rundu in die Kavango-Oosstreek verplaas.
Op 1 Julie 2018 is hy tot hoofinspekteur van die spesiale taakmag in dié streek bevorder. ’n Maand later is hy tot adjunkkommissaris van dié eenheid bevorder.
Hy laat 19 kinders, vyf broers en susters, en kleinkinders agter.
Gister is ’n roudiens in die Kavango-streekkantoor se ouditorium vir Nekundi gehou.
Môre om 14:00 sal ’n roudiens in die Oshikushashipya-nedersetting in die Etayi-kiesafdeling gehou word, en Saterdag word Nekundi in dié nedersetting begrawe.

Soortgelyk
Honderde miljoene vir veevoer nodig
23 ure gelede | Landbou
Min of geen handboeke vir nuwe leerplan
23 ure gelede | Onderwys
Regional council must account for vandalised buildings
23 ure gelede | Infrastruktuur
Swapo beslis dorpsraadslede se lot
23 ure gelede | Politiek
Groeiende stad druk rioolstelsel
23 ure gelede | Infrastruktuur
Weer vir 19 Februarie 2019
23 ure gelede | Weer
Gammams staan steeds stil
23 ure gelede | Regering
‘Vroue is sterk’
23 ure gelede | Maatskaplik
Namcor wil vry van sekere wette wees
23 ure gelede | Energie
Kleinadvertensies