Adcock doen verkryging in velsorg, oogkunde
Adcock doen verkryging in velsorg, oogkunde

Adcock doen verkryging in velsorg, oogkunde

Nellie Brand-Jonker - Die genoteerde medisynevervaardiger Adcock Ingram het Genop, 'n maatskappy wat in oogheelkunde en velsorg spesialiseer, vir 'n onbekende bedrag gekoop.

Die verkryging moet egter onder meer nog deur die Mededingingskommissie goedgekeur word.

Genop het 'n jaarlikse inkomste van sowat R400 miljoen.

Volgens Andy Hall, uitvoerende hoof van Adcock Ingram, is dit in ooreenstemming met die strategie om veral in die minder gereguleerde farmaseutiese sektor bedrywig te wees.

Genop verkoop chirurgiese en farmaseutiese produkte vir oogheelkunde, optometrie, velsorg en die skoonheids- en plastiese-chirurgie-bedryf in Suid-Afrika.

Genop besit onder meer die velsorg­reeks Epi-max wat redelik gewild by verbruikers en dermatoloë is.

Die ander redes vir die verkryging sluit in:

Genop is een van die grootste ver­skaffers van optiese instrumente in Suid-Afrika en is al langer as 90 jaar een van die markleiers. Die maat­skappy verkoop ook kontaklens­middels en kontaklense.

Diversifikasie: “Ons beskou hierdie verkryging as 'n aantreklike beleggingsgeleentheid vir Adcock omdat sy reekse ons bestaande produkte sal aanvul en daar baie min oorvleueling is. Die verkryging bied diversifikasie in 'n minder gereguleerde deel van die gesondheidsbedryf met baie produkte waarvan die pryse nie deur die staat beheer word nie.”

Genop besit ook die eksklusiewe verspreidingsregte vir bekende internasionale handelsname in die markte waar hy bedrywig is. Van die produkte wat hy ook verkoop, is dermale vulmiddels, mediese skoonheidsmiddels en estetiese laser. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer