Adam se S plaas klem op sport en spoed

Gerine Hoff
Deon Eysele

Hoewel die Opel Adam S ’n klein motortjie is, is dit met die beste tegnologie moontlik toegerus. Dit bied aan kopers ook die gerief van talle fabrieksgemonteerde opsies wat dit bo mededingers laat uitstaan.
“Die Adam is ontwerp vir diegene wat graag die pas aangee, mense wat uitdrukking aan hulself wil gee deur die klere wat hulle dra, hul lewensstyl en hul voertuie,” het General Motors destyds in ’n verklaring verduidelik hoe hulle Adam sien. Die Adam S is ontwerp vir jong, professionele mense wat op soek is na ’n kompakte en lewendige voertuig wat kan presteer wanneer dit by werkverrigting kom. Met ’n 1,4 liter enjin wat 110 kW lewer en minder as nege sekondes nodig het om van 0 - 100 km/h te versnel, is dit presies wat Opel se Adam S bied.
Die Adam S staan werklik uit en die toetsvoertuig wat Auas Motors aan ons beskikbaar gestel het, se rooi dak en wit bakpanele het baie aandag getrek waar gery was.
Dit is in drie verskillende kleurkombinasies be­skikbaar: Saturday White Fever, Shiney Rock en Red ’n Roll. Die eerste twee het die kontrastrerende rooi dak en pilare, terwyl die derde ’n effense grys bokant het. Die 18-duim wiele het ’n kenmerkende vyfspeekontwerp wat as skroefwiele (propeller) bekend is. Agter die vellings is die rooi remknypers ook duidelik sigbaar.
Die groot drukvlerk is baie prominent en dit onderskei die Adam S van die res in die Adam-reeks. Aangesien die voertuig werklik goeie werkverrigting bied en 210 km/h daarmee moontlik is, is die drukvlerk nie daar bloot om indrukwekkend te lyk soos by baie ander voertuie nie. Dit verskaf die nodige afwaartse drukkrag van tot 100 Newtons om die voertuig stabiel te hou wanneer jy op spoed is.
Die dieper skorte voor en aan die flanke van die voertuig sorg ook vir ekstra padgreep teen hoë snelheid.

Binneafwerking
Weens die eg Duitse herkoms van die Adam S, is die goeie gehalte afwerking en stewigheid wat dit uitstraal, nie ’n verrassing nie. Wat ook opgeval het, was die moderne uitleg van die instrumentepaneel, rangskikking van instrumentasie en ander geriefsitems wat as standaard beskikbaar is. Die opvallende raakskerm in die middel en analoogwysers voor die bestuurder is van die kenmerke wat uitstaan.
’n Stel Recaro-rensitplekke, voorsien van openinge waardeur jy ’n harnas kan sit indien nodig, is deel van die pakket. Blink pedale, ’n rathefboom met ’n leerbedekte knop en ’n kompakte, vet stuurwiel rond die prentjie af.
Soos die ander modelle in die Adam-stal, het die S ook net twee deure wat dit bemoeilik as passasiers opgelaai moet word. Die voorste sitplekke slaan vorentoe vir passasiers om in te klim, maar ruimte agterin bly maar knap.

Enjin
Die hart van die Adam S is nie net die indrukwekkende algemene aansig van die voertuig nie, maar die gevoel wat jy kry as jy agter die stuur inskuif. Die Recaro-rensitplekke is baie gemaklik en bied ook die vooruitsig dat jy jou op ’n sportiewe gevoel kan voorberei.
Om uiting aan die voertuig se sportiwiteit te kon gee, het die ontwerpers met ’n aandryfstelsel vorendag gekom wat die beste verrigting oor die wydste toerestrek van die enjinomwentelinge gee. Dit veroorsaak dat die maksimum wringkrag van die 1,4 liter turboaangedrewe enjin by 3 000 o.p.m. beskikbaar is. Krag word deur ’n sesspoed handratkas na die voorwiele oorgedra, en dit was opvallend hoe goed die enjin reageer wanneer met volle krag deur die ratte versnel word. In ag genome dat die Adam S ’n skrale 1,1 ton weeg, bied die turbo-enjin ’n goeie kombinasie van krag, reaksiespoed en ratsheid deur draaie en kry mens nooit die gevoel dat die bande greep gaan verloor nie. Die voorwielaandrywing sorg ook vir ­veilige stuurtraagheid terwyl die elektroniese vastrapbeheer (ESP) sorg dat die krag en ratsheid van die Adam S met groter selfvertroue benut kan word. As jy nog meer sportief wil wees, kan jy ook die ESP met die druk van ’n knoppie afskakel.
Die feit dat Opel die voertuig se remstelsel opwaarts tot op dieselfde standaard as die Opel Corsa OPC s’n aangepas het, dra by tot vertroue wat die voertuig inboesem.

Toetsrit
’n Bykomende ­hulpmiddel in die verkeer, is die elektroniese sensors op die buitespieëls wat aandui wanneer verkeer in blinde kolle agter jou is. Dit gee ’n duidelike flikker in die hoek van die spieël aan die kant waar die voertuig in die blinde kol voorkom.
Dis ’n baie praktiese hulpmiddel wat bestuur in stadsverkeer soveel aangenamer maak. Ons het dié funksie ook al voorheen in Opel se voertuie ervaar – iets wat normaalweg net by duurder voertuie beskikbaar is.
Soos verwag van ’n sportiewe onderstel, was die rit op die oop pad met die Adam S effe hard. Die agteras was ferm en saam met die kronkelvere, het dit vir beter hantering gesorg – vandaar die beter klouvermoë om draaie en kronkels.
Ander standaardkenmerke van die Adam S wat uitgestaan het, is die gevorderde elektroniese parkeerhulp wanneer jy in klein parkeervakke wil in. Die stelsel stel jou in staat om sonder om aan die stuurwiel te vat, by die kleinste parkeerruimtes in te glip.

Opsomming
Die Opel Adam S het ’n lewendige, sportiewe karakter en met sy unieke voorkoms gaan dit harte verower. Met ’n prysetiket van meer as N$325 000 is dit nie goedkoop nie, maar vergelyk dit met ander sportiewe handelsmerke, en jy sal sien dat die voertuig met sy eg Duitse eienskappe van gehalte afwerking en werkverrigting, goeie waarde bied.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%