ACC trek Mukula-houtsmokkelaar vas
ACC trek Mukula-houtsmokkelaar vas

ACC trek Mukula-houtsmokkelaar vas

’n Chinese lorrie-eienaar moes ’n boete betaal en ’n vrag hout aan die staat oorhandig.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het Dinsdag terugvoering gegee oor hul sukses in die stryd teen die smokkel van beskermde hout deur Namibië van Zambië en die Demokratiese Republiek die Kongo af.

Volgens die ACC is ’n lorrie verlede jaar in Desember voorgekeer ná verdagte dokumentasie aan Namibiese doeanebeamptes oorhandig is. As gevolg hiervan is die lorrie en die inhoud daarvan gekonfiskeer.

Die eienaar van die vragmotor, mnr. Shi Linjiang, is in Zambië met die hulp van teenkorrupsiebeamptes opgespoor.

Hy is op Katima Mulilo ondervra en is kort daarná in hegtenis geneem.

Op 19 Januarie is Linjiang skuldig bevind aan die oortreding van die Namibiese doeanewet en moes ’n boete van N$20 000 betaal.

Die hout in die lorrie is ook aan die staat oorhandig.

Volgens die ACC is dié sukses ’n goeie voorbeeld van hoe geregtigheid kan geskied as alle partye in die strafregstelsel saamwerk.

Gedurende die ACC se ondersoek het die “geheime” oorlog tussen korrupte uitbuiters van sentraal en suidelike Afrika se bedreigde Mukula-bome (Pterocarpus Chrysothrix) en Namibië se gereg aan die lig gekom.

Dit was ’n besige tyd vir die ACC wat in die feesseisoen meer as vyf trokke vol hout gekonfiskeer het.

Op 28 Desember verlede jaar het die kommissie beslag gelê op ’n besending beskermde Mukula-hout uit die Kongo wat deur Zambië ingevoer is.

Die onwettige houtsmokkelary is aanvanklik op Facebook ontbloot.

Berigte oor vragte wat op Walvisbaai gesien is, het ACC-ondersoekers snuf in die neus laat kry.

Beslag is toe op 121 stompe van omtrent 20 kubieke meter gelê.

Ondersoek is ook ingestel na die moontlike vervalsing van invoerdokumente. Die hout was glo vir die Zheijiang Wutong Tree Supply Chain Manangement Company in China bestem.

Teen Nuwejaarsnag het die ACC beslag gelê op hul vyfde trok vol beskermde hout uit Zambië.

Hierdie vragmotor het ook vervalste dokumente met dieselfde reeksnommers as twee vorige gekonfiskeerde vragte opgelewer.

Dit word nou duideliker dat 'n netwerk van agente aan die Zambiese en Namibiese kante van die grens fasiliteerders van hierdie dokumentasie is.

Die vrag hout, sowel as die vragmotor, is hangende die ondersoek gekonfiskeer en die bestuurder is ondervra.

Die stryd om dié waardevolle houtbron op die vasteland te beskerm, is veral in Zambië ingewikkeld.

In Maart 2017 het die Zambiese president, mnr. Edgar Lungu, die vervoer van Mukula-hout deur sy land verbied.

Die woude van die Kongo word al amper ’n dekade lank vir dié hout geplunder, wat al meer in China in aanvraag is.

Die Chinese nuuswebwerf Sixth Tone sê handelaars wat in China gebaseer is, het eers in 2009 meer met Mukula-hout uit Afrika begin handel dryf.

Daarna is dit meestal van Zambië af ingevoer, wat aan die Kongo in die Suide grens.

Die aanvraag na en die prys van die hout het in 2013 die hoogte ingeskiet en tans is die groei van dié bedryf in die Kongo buite beheer.

Mukula-bome neem tot 90 jaar voor dit uitgegroei is en het ’n rooi olie wat uit die boomstamme loop wanneer dit gesny word. Die olie beskerm die hout en verleen ’n rooierige skynsel daaraan.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.53/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.74/BBP UP +0.56% | Platinum US$ 1 056.43/OZ DOWN -0.0126 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.53/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.74/BBP UP +0.56% | Platinum US$ 1 056.43/OZ DOWN -0.0126