ACC: Jaar van aanspreeklikheid lê voor

Die Teenkorrupsiekommissie se leier sê vanjaar moet dringende sake soos die hersiening van die teenkorrupsiewet gepak word, terwyl werknemers hul sokkies moet optrek.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ondersoek tans 455 sake, terwyl 32 reeds by die prokureur-generaal ingedien is om te besluit of vervolging moet plaasvind.

Mnr. Paulus Noa, die ACC se direkteur-generaal, het die kommissie se werknemers Maandag toegespreek en gesê sedert April 2018 is altesaam 278 sake by hulle aangemeld.

Hy het ook gesê sake soos die hersiening van die teenkorrupsiewet sal vanjaar in alle erns getakel moet word.

“Ons het die konsepwysiging onlangs voltooi. Dit is ook intussen by die eerste minisiter ingedien.”

Hy het ook gesê die 2017-’18-jaarverslag bevat indrukwekkende inligting oor ondersoeke.

“Die kommissie het gesien hoe miljoene dollar weens nalatige besluite verloor word.

“Waar dié sake deur die ACC ondersoek word, moet besluitnemers sonder aansien des persoons genader word om verantwoordelikheid te neem vir besluite waarby hulle betrokke was,” het hy gesê.

Noa sê dit is onaanvaarbaar dat openbare fondse voortdurend verlore gaan as gevolg van verkeerde of slinkse besluite, terwyl sommige owerhede skynbaar traag is om stappe teen oortreders te doen.

“Dit ondermyn die lewering van noodsaaklike dienste aan die samelewing. Dit is ‘n bespotting van basiese menseregte soos respek vir menswaardigheid wanneer daar nie in mense se basiese behoeftes voorsien kan word omdat openbare fondse verkwis is nie,” het hy gesê.

AANSPREEKLIKHEID

Noa het gesê aangesien die 2018-’19-boekjaar nou ten einde loop, moet ACC-werknemers hulself afvra of hul prestasie aan verwagtinge voldoen het of nie.

“Ons president het verklaar 2019 is die jaar van aanspreeklikheid,” het hy gesê en bygevoeg die president verwag van beamptes, staatsamptenare en mense in verskeie sektore om die land na hoër hoogtes te voer.

“Hierdie introspeksie moet van die hoogste vlakke tot onder ons werknemers gedoen word. Julle moet onthou indien julle steeds jul volle maandelikse salarisse ontvang, al is jul prestasie onder die vereiste standaard, is dit soos diefstal. Jou maandelikse vergoeding moet verdien word,” het hy aan werknemers gesê.

Noa het werknemers wat toewyding en bekwaamheid handhaaf, geprys en dié wat “niks anders gedoen het as om ‘n salaris te ontvang nie” gewaarsku daar is nie plek vir hulle in die kommissie nie.

Hy het gesê dié werknemers moet hul sokkies optrek en het bygevoeg spanwerk is die grondslag vir goeie prestasie.

Noa sê hy verwag van werknemers om vertroud te wees met die mandaat en struktuur van die kommissie en dat elke direktoraat ‘n jaarplan van aktiwiteite moet hê, wat as ‘n padkaart moet dien van wat vanjaar behaal moet word.

“Met die beperkte hulpbronne tot jul beskikking, moet julle só beplan dat maksimum resultate behaal kan word. Dit gaan nie werklik daaroor om oorvloedige bronne te hê nie, maar meer oor die omsigtige beplanning en gebruik van hulpbronne,” het hy gesê.

Noa het gesê die kommissie se direktoraat van openbare onderrig en die voorkoming van korrupsie het die afgelope jaar in verskeie streke van die land verskeie seminare aangebied.

Die onderwerpe wat behandel is, sluit onder meer die nasionale teenkorrupsiestrategie, openbare bewustheid asook die impak van korrupsie, korrupsie risiko-opnames, etiek en integriteit in.

“Soos altyd het die kommissie in 2018 ook Wêreldteenkorrupsiedag gedenk en ‘n kompetisie is vir skole aangebied oor hoe die Namibiese samelewing leerlinge kan voorberei om burgers met integriteit te word,” het Noa gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022