ACC, ECN se leierskap: Opposisie wil hof toe

Prosedure glo nie gevolg nie

02 August 2021 | Politiek
Augetto Graig – “Ons gaan hof toe. Dit werk nie so nie,” sê die parlementslid me. Elma Dienda, ná laas Donderdag se spesiale parlementêre sessie.

Die sessie is gehou in opvolg op die vorige dag se sessie om me. Elsie Nghikembua as voorsitter, met mnr. Joram Rukambe en dr. Emmerentia Leonard, na die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) aan te stel, en om die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se mnr. Paulus Noah opnuut as direkteur-generaal, en adv. Erna van der Merwe as adjunkdirekteur-generaal aan te stel.

Dienda het saam met ander opposisie-parlementslede alles probeer om die bekragtiging van die aanstellings te verhoed, selfs deur hardop die volkslied te sing om die stemproses te ontwrig. Opposisielede het uitgestap en dit het die regerende party toegelaat om sonder teenstand ’n eenparige meerderheidstem af te dwing.

“Swapo het besluit, en ons het inligting dat hulle ons ten alle koste só sou frustreer, dat ons moet uitstap,” het Dienda Vrydag gesê.

“Die parlement was in reses en volgens die grondwet kan ’n spesiale sessie slegs deur ’n afkondiging van die president, afgekondig in die Staatskoerant, byeengeroep word, waarop die Speaker ons lede moet uitnooi. Lydia Kandetu (sekretaris van die Nasionale Vergadering) laat weet ons elfuur die aand, ten spyte dat daar geen afkondiging was nie. Gister om eenuur word ons die afkondiging in die Staatskoerant gewys.

“Die proses is ondemokraties en teen die grondwet. Oorspronklik was die sessie net vir een dag, 27 Julie. Hulle het gedog hulle sou dit in een dag kon bulldoze. Jy kan nie ’n spesiale sessie verleng nie; daar moes ’n nuwe afkondiging gedoen gewees het. Die prosedures is nie gevolg nie,” sê sy.

Volgens haar is parlementslede ook nie genoegsaam betrek by die aansoekproses vir die aanstellingskandidate nie. “Ons het nie eens dokumente gesien nie. Geen CV’s nie, maar ons moet hierdie ACC- en ECN-kommissarisse goedkeur? Ek weet nie eens hoe lyk hulle nie. Hulle het ons eintlik dom gevat,” sê sy.

“Dit werk nie so nie.”

Verder, sy sê het die Speaker eenparig die volgorde van die sessie verander om enige debat oor Noa se aanstelling te vermy.
“Noa weet ons hoe nutteloos hy is; die hele Namibië wil hom nie hê nie, net Swapo wil hom daar hê, want hulle moet hom daar hou om hulle skelm goed te beskerm. Hy smeer die korrupsie toe.”

Oor die ECN gaan dit nie soseer oor die kandidate nie, sê sy, maar eerder oor die manier waarop die aanstellings gedoen is.

“Ons gaan dit nie daar los nie. Ons kan dit nie so los nie. Die president kan nie net eensydig met die hand kies wie die ACC se direkteur-generaal en adjunkdirekteur-generaal moet wees nie. Die parlement kan nie bloot ’n rubberstempel wees nie. Wat van die skeiding van magte? As die president dink dié is skeiding van magte, dan verstaan hy dit verkeerd,” sê sy.

[email protected]


FOTO
Die PDM -parlementslid me. Elma Dienda sê prosedure is nie gevolg met die aanstelling van ECN en ACC leiers nie. Foto argief

Soortgelyk

 

Een sterfte, 158 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Die dood van 'n 22-jarige vrou van die Rundu-distrik skuif die Covid-sterftes op tot 3 574. Gister is 158 nuwe gevalle aangemeld (112 in Windhoek),...

Namibiër by Oxford vereer vir doktorale proefskrif oor waterrregte

8 ure gelede | Onderwys

Ronelle Rademeyer - ‘n Namibiër wat aan die Universiteit van Oxford in Engeland in die regte studeer het, is met die Dr. Surya Subedi-prys vir...

130 nuwe gevalle, meeste in Windhoek

1 dag gelede | Gesondheid

Gister is 130 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 8,4%. Die meeste (97) is in Windhoek aangeteken. Die nuwe gevalle sluit 13 studente, 11...

Uitstel van eksamens: Integriteit van eksamen, kwalifikasie moet beskerm...

1 dag gelede | Onderwys

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê dit het 'n wettige kontrak met Cambridge International om te verseker dat kredietwaardige eksamens geskryf word wat...

Styging van 56% in nuwe gevalle, 184 gister aangemeld

2 dae gelede | Gesondheid

Gister is 184 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 3,9% en 56% meer as die vorige dag. Die meeste gevalle is in Windhoek en...

Veldbrande woed al tien dae

2 dae gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

2 dae gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

2 dae gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

2 dae gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...