Absa verkoop nog 'n onderneming
Sanlam Lewens het 'n ooreenkoms gesluit om Absa Konsultante en Aktuarisse (ACA) van Absa Financial Services Beperk te koop.
Sanlam gaan R285 miljoen daarvoor betaal.
Die transaksie is onderhewig aan sekere voorwaardes soos die mededingingsowerhede wat dit moet goedkeur.
ACA verskaf konsultasie- en administratiewe dienste aan die aftreefondsbedryf.
Volgens Dawie de Villiers, uitvoerende hoof van Sanlam Werknemervoordele, het ACA altesaam 119 aftreefondse met byna 340 000 lede en bates van sowat R84 miljard onder administrasie.
Dit is die tweede groot transaksie binne 'n maand wat Absa aangekondig het.
Dit is glo deel van sy strategie om terug te keer na die dienste wat 'n bank lewer.
Sanlam is deur Absa vir die transaksie genader.
PSG Konsult het einde September aangekondig hy gaan Absa se makelaarsafdeling vir sakeversekering koop. Dié onderneming bestaan uit 102 adviseurs en het meer as 32 000 kliënte.
De Villiers het gesê die transaksie sal aan Sanlam Werknemervoordele verdere skaal in 'n mark gee waar die geleenthede om baie uit te brei in administrasie en konsultasie beperk is.
Hy glo die transaksie sal die onderneming posisioneer om die produkte wat aangebied word, verder uit te brei en sy diensvlakke te verbeter.
Marcel de Klerk, besturende direkteur van fidusiêre dienste van Absa Financial Services, sê hoewel ACA se vertoning goed is, sal die onderneming bevoordeel word om in 'n omgewing te wees waar die kernfokus op werknemervoordele is.
Die personeel wat vir ACA werk, gaan aanbly ná die transaksie.
“Ons glo Sanlam Lewens gaan 'n gepaste aandeelhouer wees vir ACA en sal ondersteuning aan die onderneming kan verskaf waar nodig weens sy groot sakebedrywighede in die aftreefondsmark.”
Die transaksie sal na verwagting einde 2017 afgehandel wees indien dit goedgekeur word.
De Klerk sê ACA sal sy kontraktuele verpligtinge soos normaalweg aan sy kliënte nakom voor en ná die transaksie. “Ons voorsien nie enige ontwrigting in die dienste of die gehalte van diens wat ons aan ons kliënte bied nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie