Aberfelde-rowers kom weg met N$500 400
Ronelle Rademeyer - Al vyf die mans wat Saterdagaand omstreeks seweuur na bewering twee mense op die plaas Aberfelde by Otjiwarongo aangeval en van N$500 400 beroof het, is nog op vrye voet.
Mnr. Jochen Gomoll (76) en sy lewensmaat, me. Christine Riedmaier (52), is na bewering deur die mans aangerand en daarna in die slaapkamer vasgebind waar hulle tot die volgende oggend in die koue op hulp gewag het.
Volgens die polisie se weeklikse misdaadverslag het die mans na bewering die geld wat in die kluis was, saam met vier jaggewere en ’n rewolwer gebuit.
Die geld waarmee hulle weggekom het, bestaan uit Namibiese dollar (N$115 000) en euro (€20 000). Teen die huidige wisselkoers is €20 000 gelykstaande aan N$384 400.
Intussen het mnr. Marko Bayer van die Otjiwarongo-buurtwag vanoggend gesê Gomoll en Riedmaier kan dalk al vandag uit die Mediclinic private hospitaal op die dorp ontslaan word waar hulle vir hul beserings behandel is.
Gomoll en Riedmaier woon normaalweg in Duitsland, maar het na Namibië gekom om die inperkingstyd op Aberfelde deur te bring.
Sy is die eienaar van die buurplaas, Welgelegen.
Die vermoede bestaan dat die rowers geweet het Gomoll hou 'n groot bedrag kontant in die kluis op die plaas aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie