AB InBev baie naby aan groen lig in SA
AB InBev baie naby aan groen lig in SA

AB InBev baie naby aan groen lig in SA

Jo-Mare Duddy Booysen
­Hanlie Stadler - Carlo Brito, uitvoerende hoof van Anheuser-Busch InBev (AB InBev), het waarskynlik Dinsdagaand effens beter geslaap nadat Suid-Afrika se Mededingingskommissie die verkryging van SABMiller voorwaardelik aanbeveel het.
Die kommissie se ondersoek na die samesmelting is nou al herhaaldelik uitgestel.
Die kommissie het ver­skeie voorwaardes vir die samesmelting voorgestel in die belang van mededinging en openbare belang, maar die meeste is dít waarop AB InBev reeds vroeër met die regering ooreengekom het.
Die kommissie se aanbeveling sal heelwat gewig dra by die Mededingingstribunaal, wat eersdaags sy beslissing sal vel.
Tembinkosi Bonakele, die Mededingingskommissaris, sê van die vraagstukke wat hulle oorweeg het, is deur onder meer vakbonde, die regering en ander rolspelers in die bier- en koeldrankmark geopper. “Ons is vol vertroue dat dié omvattende voorwaardes die kommer oor mededinging en openbare belang wat uit die samesmelting voortvloei, aanpak.”
AB InBev moet nog goedkeuring in ver­skeie lande ontvang, maar omdat hy heelwat van SABMiller se biere wêreldwyd in die mark geplaas het, begin die samesmelting onafwendbaar lyk.
Dit sal ’n einde bring aan die maatskappy wat in 1895 in Johannesburg begin is om bier te verskaf aan goudmynwerkers, en een van die heel eerste maatskappye wat in 1897 op die JSE genoteer het.
Die kommissie opper die volgende bekommernisse en voorstelle daaroor:

Distell-belang
SABMiller besit, deur SAB, ’n 27%-belang in die wyn- en sidermaat­skappy Distell. Die Mededingingskommissie is bekommerd daaroor dat AB InBev die mag sal kry om direkteure op Distell se direksie aan te wys terwyl die twee firmas regstreekse mededingers is. Die voorstel is dus dat SABMiller se belang verkoop word.
’n Maatskappy wat Remgro en Capevin saam besit, sal die eerste opsie hê om dié belang van die hand te wys. Jannie Durand, uitvoerende hoof, het reeds voorheen gesê hulle sal belang stel as die prys reg is. Remgro is die beherende aandeelhouer van Distell.
Die kommissie wil hê SABMiller se Distell-belang moet binne drie jaar nadat die verkryging deur AB InBev voltrek word, verkoop word.

bottelering van Koeldrank
AB InBev botteleer Pepsi in sekere lande en SABMiller botteleer Coca-Cola in Suid-Afrika en groot dele van Afrika. Die kommissie is bekommerd oor die moontlikheid van samespanning. AB InBev het onderneem dat werknemers van sy Coke-botteleringsaanlegte nie by Pepsi-aanlegte sal werk nie en dat hulle geen sensitiewe handelsinligting sal deel nie.

Metaalkrone
Coleus is die enigste vervaardiger van metaalkrone vir bierbottels in Suid-Afrika en word deur SABMiller besit. AB InBev het onderneem om vir minstens vyf jaar ná die transaksie ook aan derde partye te verskaf.

Koelkasruimte
Om te keer dat klein bierbrouers uit die mark gedruk word, moet AB InBev as voorwaarde onderneem dat drankwinkels en tavernes minstens 10% van hul koelvertrek- of koelkasruimte aan die bier van klein bierverskaffers moet gee. Dié voorwaarde sal ewigdurend wees.

Verskaffersfonds
AB InBev het hom verbind daartoe om oor vyf jaar R1 miljard in Suid-Afrika te investeer vir die ontwikkeling van gars-, hop- en koringproduksie en van ontluikende en swart boere. Ondernemings in die verskaffingsketting van bier sal ook bevorder word.

Indiensneming
AB InBev het onderneem om nooit regstreeks weens die verkryging van SABMiller ’n Suid-Afrikaanse werknemer af te dank nie.
Werkers wat weens die beëindiging van die verspreidingsooreenkoms met DGB hul werk kan verloor, sal werk by AB InBev aangebied word. DGB is die plaaslike verspreider van AB InBev se produkte.

Mikrobrouers
Plaaslike brouers van craftbier koop die meeste van hul hop en malt by SAB-plase aan. Die kommissie wil hê AB InBev moet aanhou om dié bestanddele aan mikrobrouers te verskaf.

Plaaslike produksie
AB InBev het onderneem om SAB se beleid van maksimum plaaslike produksie van bier en sider voort te sit. Minstens dieselfde persentasie (dit word nie aangedui nie) plaaslike produksie moet voortgesit word.

Plaaslike ­verskaffers
Die voorwaardes en bepalings van SABMiller se kontrakte met verskaffers van glasbottels, blikkies, krone, papieretikette, vate en ander benodigdhede vir bierproduksie moet voortgesit word. Dié verskaffers mag nie verhinder word om ook ooreenkomste met klein bierprodusente te sluit nie.

Swartbemagtiging
Omdat swart eienaarskap verminder sal word wanneer SAB se Zenzele-bemagtigingskema binnekort sy vervaldatum bereik, het AB InBev onderneem om binne twee jaar ná die verkryging van SABMiller ’n nuwe plan vir swart ekonomiese bemagtiging uiteen te sit.

Eienaarbestuurders
AB InBev het onderneem om die voorwaardes en bepalings van SAB se kontrakte met afleweraars te behou. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%