Aarde skud by Anker
Aarde skud by Anker

Aarde skud by Anker

Verouderde toerusting en te min data verhinder wetenskap­likes om die skielike toename in aardbewings in die Kunene­streek behoorlik te ontleed.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Namibië se geofisikusse krap kop oor die toename in seismiese aktiwiteit in die omgewing van Anker, 'n nedersetting tussen Kamanjab en Khorixas, waar 'n aardbewing en ligter skuddings die afgelope week opnuut voorgekom het.

Die land se verouderde seismologiese toerusting, kapasiteitsprobleme en gebrekkige data maak dit egter vir wetenskaplikes moeilik om hierdie verskynsel na behore te ontleed.

Dr. Norton Titus, geofisikus verbonde aan die Geologiese Opname van Namibië, het by navraag bevestig 'n aardbewing wat 4,6 op die Richter­skaal gemeet het, het Donderdagoggend kort ná negeuur voorgekom.

Dit is deur drie seismiese stasies in die land geregistreer.

Op 14 Maart het 'n aardbewing wat 4,0 geregistreer het, ook in die gebied voorgekom.

“Dit is 'n baie interessante situasie vir ons. Ons weet daardie gebied is seismies meer aktief, maar die omvang was nog altyd klein.”

Die gebied is in die Kaoko- orogeniese gordel geleë. Hoewel Namibië lae seismiese aktiwiteit het en die intensiteit ook nooit hoog is nie, is dié gordel een van die meer aktiewe seismiese gebiede in die land, sê Titus.

“Skielik word baie meer berigte van skuddings in daardie gebied ontvang. Dit is 'n groot raaisel vir ons.”

Hy sê die laaste week was die skuddings boonop “redelik kort op mekaar”.

'n Verslag is vroeër vanjaar deur die China Global TV Network (CGTN) op sy Facebook-blad geplaas waarin voorspel word 'n groot aardbewing kan Namibië in 2019 tref.

Titus sê hoewel hy bewus is van die verslag, is te min data beskikbaar om so 'n voorspelling te maak.

“As ons nie data het nie, kan ons net spekuleer. En dit is nie hoe weten­skaplikes te werk gaan nie.

“Dit is soos om met verouderde CCTV-toerusting te kyk hoe 'n rooftog gepleeg is. 'n Mens wil die nommerplaat van die skurke se voertuig sien, maar die beeldmateriaal is te swak daarvoor,” verduidelik hy die situasie waarmee die span by Geologiese Opname te kampe het.

“Ons sewe seismiese stasies dek net 7% van die land se oppervlak. Boonop is die toerusting omtrent 20 jaar oud.”

Titus sê hy staan aan die hoof van 'n projek vir die oprigting van 'n seismiese waarnemingsentrum in die land wat behels dat 'n hele aantal nuwe stasies toegerus gaan word om uiteindelik 33% van die land seismies te kan monitor.

Die eerste van 'n besending nuwe seismometers het reeds in die land aangekom en nóg word binnekort verwag.

Die verhoogde voorkoms van skuddings bekommer inwoners van die gebied, en mnr. Marius Sheya, goewerneur van die Kunenestreek, het Anker vroeër besoek om vas te stel hoe groot die skade was wat deur die aardbewing op 14 Maart aangerig is.

Hy het die Laerskool Edward //Garoëb besoek waar meer as 300 leerlinge skoolgaan, asook van die huise wat beskadig is.

Die goewerneur is meegedeel dit sal veiliger wees om die skool te verskuif.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25%