Aardbewing van 6,5 tref Honshu
Japan
’n Sterk aardbewing wat 6,5 gemeet het, het suidoos van die Japannese hoofstad, Tokio, voorgekom.
Volgens die US Geological Survey (USGS) het die aardbewing om 09:14 plaaslike tyd (02:15 Namibiese tyd) sowat 150 km van Katsuura naby die eiland Honshu voorgekom.
Daar bestaan volgens Japan se meteorologiese agentskap geen gevaar van ’n tsoenami nie.
Die aardbewing het Tokio effens geskud, maar daar was nie enige onmiddellike berigte van ernstige skade nie.
Die episentrum van die aardbewing was 226 km suidoos van Tokio op ’n diepte van 10 km. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie