Aardbewing skud Kamanjab wéér
Kamanjab is gister (Donderdag) vir die soveelste keer die afgelope maande deur ‘n ligte aardbewing geskud.
Donderdagoggend se aardbewing wat 4,6 op die Richterskaal geregistreer het, volg sowat twee maande ná die een in Maart wat 4,0 gemeet het.
Dit het kort na negeuur gisteroggend plaasgevind en die episentrum was 35 km noordwes van Kamanjb.
Die vorige een was sowat 80 km noordwes van Kamanjab – óók in die Kaoko orogeniese gordel, het die Geologiese Opname van Namibië in ‘n verklaring gesê.
Hoewel Namibië lae seismiese aktiwiteite het en dit intensiteit ook nooit hoog is nie, is dié gordel een van die meer aktiewe siemiese gebiede in die land.
Die skudding is deur drie seismologiese stasies in die land geregistreer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie