Aardbewing naby Ai-Ais deur ministerie bevestig
Aardbewing naby Ai-Ais deur ministerie bevestig

Aardbewing naby Ai-Ais deur ministerie bevestig

Henriette Lamprecht
Die ministerie van myne en energie het bevestig 'n aardbewing is Donderdag om 16:59 sowat 10 km suidwes van Ai-Ais aangeteken. Volgens die verklaring is dit deur seismiese stasies in Namibië en wel by Aus en Ariamsvlei, en ook by Komaggas, 'n Suid-Afrikaanse seismiese stasie, aangeteken.

'n Kleiner aardbewing is Woensdag en nog drie kleiner aardbewings Donderdag om onderskeidelik 08:28, 11:48 en 17:36 in dieselfde omgewing aangemeld. Laasgenoemde se omvang is nie bereken nie, omdat dit te klein en te ver van die seismiese stasies was.

Donderdag se aardbewing was volgens die verklaring "vlak" op 'n diepte van minder as 10 km en het 3.8 by die Namibiese Seismologiese Netwerk geregistreer.

Volgens die verklaring kan daar moontlik 'n toename in aardbewings in die land se seismiese sones voorkom, omdat reënval oraloor in die land gelei het tot die aanvul van grondwater.

"Dit verhoog druk en verminder wrywings langs foutvlakke (krake wat aardbewings veroorsaak) wat veroorsaak dat aardbewings voorkom," lui die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer