Aanvalle op fietsryers
ANONIEM SKRYF:
Ons lees nou op op gereelde grondslag in koerante van fietsryers wat voorgelê, aangeval en in die meeste gevalle beseer of wreed aangerand word tydens oefensessies in die buitewyke van die hoofstad.
Dit gaan my verstand te bowe dat volwasse en ingeligte landsburgers nie besef dat misdaad beheer oor ons geneem het, dat ons nie kan staat maak op wetstoepassers en dat ons gevolglik ons self moet beskerm nie.
Wat verhoed jou om jou vuurwapen saam te neem en die nodige teenaanval toe te pas wanneer jy aangeval word? Dit is jou demokratiese reg en die wet maak voorsiening daarvoor om jou wapen te gebruik wanner jou of ’n mede-burger se lewe bedreig word.
Indien jy nog nie ’n wapen het nie, is dit hoog tyd dat ons wakker skrik en een aanskaf. Misdadigers/booswigte het geen respek vir jou of ander landsburgers se lewens nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie