Aanvaar opleiding, sê Uutoni
Meer as 'n honderd strydkinders woon in haglike omstandighede buite Windhoek.
font face="Verdana" >
Augetto Graig - Die nuwe minister van sport, jeug en nasionale diens, mnr. Erastus Uutoni, het Vrydag die sogenaamde strydkinders besoek wat op die Ndilimani-plaas net buite die hoofstad woon.
Die minister, vergesel van amptenare en die adjunkminster, me. Agnges Tjongerero, asook die spesiale raadgewer, past. Lustwig Hausiku, het hulle besoek na aanleiding van die kabinetsbesluit om dié strydkinders se omstandighede onder die loep te neem.
Opleiding by instansies soos die jeugopleidingsentrum op Berg Aukas word deur die regering aangebied om die groep te bemagtig, maar meer as 100 van hulle, wat kleuters en babas insluit, leef steeds in haglike omstandighede op dié plaas, sowat 30 km buite Windhoek op Brakwater.
Hul woordvoerder, mnr. Gabriel Hendrik, het die minister verwelkom.
“Jy mag dink diere bly hier, maar ons is nasate van die vryheidstryd wat hier woon,” het hy gesê.
Eers is onafhanklikheidsliedjies gesing en besoekers is sitplek aangebied.
“Ons is jammer ons het nie genoeg om u water of iets te ete aan te bied nie,” het Hendrik gesê.
Hy was verheug daaroor dat die nuwe minister hulle kom besoek het in reaksie op ’n brief wat die groep aan sy kantoor gestuur het.
Uutoni het die groep aangemoedig om die terrein waar hulle woon, op te ruim, en ook om die regering se aanbod vir opleiding te aanvaar.
Hy het gesê hulle moet terugkeer na die onderskeie streke waar hulle vandaan kom en waar hulle geregistreer is.
Die minister het sy eie geskiedenis met Swapo en die oorlog gedeel. Hy het opgemerk die groep het die oorspronklike lirieke van tradisionele liedjies aangepas om hul eie verhale in te sluit.
Onder meer is die strydkinders se 2015-optog na Swapo se hoofkantoor by liedere ingesluit.
“Julle moet onthou dis nie maklik nie. President Geingob wil graag toesien dat elke Namibiër iets het om ’n bestaan mee te maak. As regering doen ons ons bes, maar die ruimte om iets met die ekonomie te doen, is te nou om almal te akkommodeer,” het hy gesê.
“Die uitdaging is dat julle opleiding moet aanvaar om iewers in die lewe te kom. Van julle sê julle is oud genoeg, maar selfs op my ouderdom moet ek nog studeer. Opleiding rus jou met kennis en vaardighede toe,” het Uutoni gesê.
Hy sê dié groep moet die geleentheid benut wat regering hulle bied.
“Vat dit, al is dit hoe min, moet dit nie weggooi nie,” het hy gesê.
Die kamp, wat met vullis bestrooi is, en uit tydelike skuilings bestaan, het in 2016 tot 600 strydkinders gehuisves.
Dit ná meer as 100 van hulle in daardie jaar te voet uit die Noorde meer as 700 km na die plaas afgelê het.
Sedertdien het verskeie groeplede opleidingskursusse van ses maande lank ontvang, en volgens Uutoni is diegene wat tans in opleiding is, gelukkig.
By Berg Aukas en ander soortgelyke instansies, soos die Simon Mutumba-polisiesentrum in die Zambezistreek, word tegniese en beroepsopleiding aangebied in motorwerktuigkunde, loodgieterswerk, sweis- en bouwerk, asook in konstruksie en elektriese installering.
Teen November 2017 het 819 strydkinders reeds dié opleiding voltooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie