Aantygings kan toerismebedryf knak

HAN nooi Fenata nie na jaarvergadering

12 July 2021 | Toerisme
Ellanie Smit



Sommige Namibiese toerisme-organisasies beweer 'n nuwe rolspeler in die bedryf blaas onenigheid in die sektor aan met valse en misleidende aantygings.

Die stigter en eienaar van die Namibiese Reis- en Toerismeforum, mnr. Nrupesh Soni, het sedert dié forum se stigting verlede jaar deurgaans koppe met die Namibiese Toerismeraad (NTB) en die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) gestamp.

Soni het HAN onlangs daarvan beskuldig dat hulle probeer om die mondstuk van die toerismebedryf te wees en doelbewus 'n skeuring in die bedryf wil veroorsaak.

Volgens Soni is dìt die rede waarom die Namibiese Toerismevereniging (Fenata) en sy voorsitter, mnr. Netumbo Na­shandi, nie na HAN se algemene jaarvergadering (AJV) – wat Donderdag plaasgevind het – genooi is nie. Soni beweer dit was weens ras.

Hy het bygevoeg Fenata se uitvoerende komitee is vorige jare na hierdie vergaderings genooi.

“Dit is 'n doelbewuste poging om die bedryf te versplinter,” het hy gesê.

Die uitvoerende hoof van HAN, me. Gitta Paetzold, het alle bewerings van rassediskriminasie ontken en bygevoeg Nashandi is nie Fenata se eerste swart voorsitter nie.

Soni se ander bewerings rakende wanbesteding van fondse en wangedrag is alles onwaar bewys, het Paetzold gesê.

Sy het verder gesê dit moet vir almal kommerwekkend wees dat Soni 'n reeds wankelende bedryf probeer destabiliseer.



'VERWARD'

Paetzold het al Soni se bewerings verwerp en gesê hy is verward.

“HAN het in die verlede, toe die tye normaal was, sy algemene jaarvergadering as deel van 'n tweedaagse geleentheid aangebied wat sy toerismekongres, forum vir toerismehandel en gala voorafgegaan het.”

Volgens haar was die laasgenoemde drie gebeure altyd oop vir die media en belanghebbendes.

“Ons het so 'n geleentheid vir Lüderitz beplan, maar moes dit weens Covid-19 uitstel.”

Paetzold het bygevoeg grondwetlike vereistes verbind HAN om algemene jaarvergaderings binne 'n gegewe tydperk te hou.



TOERISME SE

MONDSTUK

Soni het gesê gebaseer op die jongste data van NTB, is 5 473 toerisme-ondernemings geregistreer, terwyl slegs 880 aan toerisme-verenigings behoort, waarvan 280 HAN-lede is.

“Hoe raak 'n vereniging met 5% lede uit die hele bedryf die stem? Hulle perspektief is net dié van lodges en nie toeroperateurs, ensovoorts nie. Hoe sou hulle weet wat op die grond en by die grense gebeur?”

Paetzold het benadruk sy is nie die mondstuk vir die sektor nie en het bygevoeg HAN bestaan al meer as 30 jaar en is 'n vrywillige organisasie.

“Mense kan by ons aansluit as hulle wil. Mense kies om by ons te registreer.”

Sy het bygevoeg dit kom voor asof Soni 'n probleem met verenigings het en daarom probeer om dit te diskrediteer.

Die uitvoerende hoof van NTB, mnr. Digu //Naobeb, het gesê Soni se forum skep verwarring onder internasionale toerismeagente.

Hy sê Soni stuur nuusbriewe aan operateurs in Duitsland en mense is onder die indruk hierdie nuusbriewe is van NTB afkomstig. Sy sê dié optrede het skade aan die maat­skappy berokken.

Hy sê die NTB is die amptelike toerisme-bemarkingsorganisasie in Namibië en is nie verbonde aan die Namibiese Reis- en Toerismeforum nie.

[email protected]

Soortgelyk

 

130 nuwe gevalle, meeste in Windhoek

14 ure gelede | Gesondheid

Gister is 130 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 8,4%. Die meeste (97) is in Windhoek aangeteken. Die nuwe gevalle sluit 13 studente, 11...

Uitstel van eksamens: Integriteit van eksamen, kwalifikasie moet beskerm...

1 dag gelede | Onderwys

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê dit het 'n wettige kontrak met Cambridge International om te verseker dat kredietwaardige eksamens geskryf word wat...

Styging van 56% in nuwe gevalle, 184 gister aangemeld

1 dag gelede | Gesondheid

Gister is 184 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 3,9% en 56% meer as die vorige dag. Die meeste gevalle is in Windhoek en...

Veldbrande woed al tien dae

2 dae gelede | Ongelukke

Tanja Bause’n Groot aantal beeste loop langs distrikspaaie noordoos van Windhoek waar verwoestende veldbrande boere tussen Steinhausen en Omitara genoop het om grensdrade te knip...

‘Voltooi vanjaar se eksamen’

2 dae gelede | Ministeries

Henriette LamprechtSkryf die vraestelle wat moontlik is vóór die einde van die jaar met nuwe vraestelle in die plek van dié wat uitgelek het, identifiseer...

Oscar-benoeming dalk in ‘The White Line’ se visier

2 dae gelede | Byvoegsels

Die plaaslike rolprent The White Line is amptelik in die wedloop om oorweeg te word vir ’n moontlike Oscar-benoeming. Dit is die eerste Namibiese rolprent...

Voortrekkers trap vir renosters

2 dae gelede | Byvoegsels

Karli RudolphDie Voortrekkers vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar met die tema “Voortrekkers gaan groot”. Die Namibiese Voortrekkers het daarom besluit om hul eie span vir...

V5 Digital a forerunner in digital solutions

2 dae gelede | Tegnologie

Iréne-Mari van der WaltMore than three years ago, Armin Wieland founded his business, V5 Digital, after noticing that there was a lack of companies in...

Do it with passion or not at all

2 dae gelede | Howe

Desiree Gases Ngeendina Angula, born and raised in Greenwell, Windhoek, moved to Cape Town, South Africa, when she was 13 years old and lived there...