Aansoek vir toerisme-ontwikkeling by Meobbaai

Luukse lodge, tentekamp

22 May 2019 | Toerisme
Francoise Steynberg - Die Namab-toeragentskap het planne om Meobbaai as toeristeaantreklikheid te ontgin.

Die agentskap het ‘n aansoek vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die bou van ‘n toerisme-ontwikkeling by Meobbaai by die omgewingskommissaris van die ministerie van die omgewing en toerisme ingedien.

Volgens ’n kennisgewing van Knight Piésold Consulting sal die ontwikkeling in die Namib- Naukluft Nasionale Park ‘n luukse lodge behels, met 10 luukse eenhede uit hoofsaaklik hout, aluminium en liggewig staal, asook ‘n restaurant en ontvangsarea.

Die ontwikkeling sal ook uit ‘n tentekamp met 20 tentchalets en ‘n kombuis bestaan.

Die ontwikkelingsvoetspoor sal slegs ’n gebied van twee hektaar beslaan.

Na verwagting sal die meeste gaste na die vliegveld by Fischersbrunn ingevlieg word en dan met ’n 4x4-voertuig op gevestigde paaie na die lodge vervoer word.

Toegang tot die lodge is ook van Kanaan, Elim en Walvisbaai af moontlik.

Meobbaai is sowat 190 km suid van Walvisbaai en sowat 220 km noord van Lüderitz langs die Namibiese weskus in die Namib- Naukluft Nasionale Park geleë.

Alle belanghebbendes en geraakte partye word genooi om te registreer en aan die openbare proses deel te neem.

Vir meer besonderhede oor die projek, kontak mnr. Willem Knouwds by (061) 307-297 of [email protected]

Soortgelyk

 

50 nuwe Covid-19-gevalle, 32 in Windhoek

14 ure gelede | Gesondheid

Die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, sê 50 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangekondig....

Bykans N$1 miljoen se dwelms in Julie gekonfiskeer

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie het tussen 1 en 31 Julie dwelms ter waarde van altesaam N$958 390 gekonfiskeer en 97 verdagtes in hegtenis geneem. Daar is...

Mariental se skaapabattoir sluit deure

1 dag gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Farmer’s Meat Market abattoir op Mariental (FMM), wat deur Hartlief besit word, sal op 31 Augustus sy deure sluit.Die Hartlief-groep se...

Vandag se Covid-19-data

1 dag gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir gister, soos vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula.

Diewe vort met N$1 miljoen uit Swakopmund-huis

1 dag gelede | Misdaad

Die Namibiese polisie sê verdagtes het gisteroggend ‘n kluis met N$1 miljoen daarbinne uit ‘n sakevrou se huis in Swakopmund gesteel. Volgens die polisie het...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Nog 'n sterfte, 150 nuwe Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 84-jarige vrou van Windhoek wat vir 'n operasie in 'n plaaslike hospitaal opgeneem...

Covid-sterftes styg tot 15

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtDrie Covid-19-verwante sterftes is gister in die Erongostreek aangemeld en wel twee op Walvisbaai en een in Swakopmund. Die bring die nasionale totaal op...

Libanees in Namibië rou oor geliefde Beiroet

2 dae gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer – Was dit nie vir ’n reis na Khartoum sowat 60 km suid van Beiroet vir die viering van die Moslem-fees Eid-oel-Adha nie,...