Aanpassing vir 3Passes
Bergfietsry
Die 2020 PSG 3Passes bergfietstoer vind komende naweek vir die agtste opeenvolgende jaar plaas, van Vrydag tot Sondag.
PSG Namibia en Atlas Engineering Solutions is vanjaar se hoofborge.
Met 2020 se welbekende uitdagings en die impak wat dit finansieel op almal het, het die organiseerder Johan Fourie besluit om die toer nader aan Windhoek te bring.
“Onjala Lodge & Spa is ons tuiste vir die naweek en ryers wat nie kan oorbly nie of wat sou verkies om in en uit te ry, kan wel so maak. Ondanks die aanpassing dat ons die naweek geen bergpasse oorsteek nie, sal ryers steeds 'n goeie uitdaging geniet. Daarom die leuse van die toer ... 'where your only challenge is yourself',” sê Fourie.
Die toer is gemik op fietsryers wat hulself wil toets teen die uitdagende Namibiese weerstoestande en afstande wil voltooi wat hulle nog nie tevore kon haal nie.
Elke deelnemer word beloon ongeag wat hulle kon bereik en elkeen is 'n wenner. Dit is 'n geleentheid om af te skakel en die oop pad te geniet saam met familie en vriende. Die rit gaan ook nie net oor die ryers nie, maar ook die ondersteuningsgroepe – die mense wat week ná week ryers bystaan en selde beloon word vir die ewe lang ure.
Nagenoeg 65 ryers en 40 ondersteuners vorm deel van die 2020-toer.
Dag 1, Vrydag, begin by Von Bachdam en eindig by Onjala Lodge & Spa oor 'n afstand van 155 km (of deel daarvan).
Op dag 2, Saterdag, het ryers 'n opsie van 73 km of 123 km (of deel daarvan), wat by Onjala Lodge & Spa begin en eindig, met die roete noord/noordoos van Onjala.
Dag 3 sal grotendeels 'n groeprit wees deur die buurplaas Okuye asook Onjala met 'n totale afstand van ongeveer 40 km.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie