Aanlyn wetsontwerp ongrondwetlik u2013 IPPR
Aanlyn wetsontwerp ongrondwetlik u2013 IPPR

Aanlyn wetsontwerp ongrondwetlik – IPPR

Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie het gister onder skoot gekom weens die beweerde ongrondwetlikheid van die wetsontwerp op aanlyn misdaad en elektroniese transaksies.
Denver Kisting
Denver Kisting - Volgens mnr. Frederico Links, ‘n navorser verbonde aan die instuut vir openbare beleidsnavorsing (IPPR), is Namibië se wetsontwerp wat met elektroniese transaksies en aanlyn misdaad verband hou ongrondwetlik.

Tydens ‘n voordrag gisteroggend in die hoofstad het Links skerp te velde getrek teen wat hy noem ‘n verontagsaming van die grondwetlike regte van vryheid van spraak en meningsuiting, dié van assosiasie en reg op privaatheid.

Sou die voorgestelde wetgewing uiteindelik bekragtig word, kan dit lukraak ingespan word om talle menseregtevergrype te pleeg én te regverdig, waarsku Links.

Links sê voorts die IPPR is diep gegrief deur die gebrek aan openbare beraadslaging wat slegs uit twee een dag lange werksessies, in Augustus en September verlede jaar, bestaan het.

Hulle is veral ongelukkig daaroor dat dié beweerde konsultasies soos prosedurele oëverblindery voorgekom het en dat daar duidelik gesinspeel is daarop dat geen beduidende verskille aan die wetsontwerp aangebring sal word nie.

Daar word gevrees dat die wetsontwerp eersdaags deur die parlement gestoomroller sal word.

Amptelike statistiek oor die impak van aanlyn misdaad in Namibië bestaan nie, sê Links.

Dit maak dit moeilik om te bepaal wat die omvang van die tipe oortreding is.

‘n Rekenaarwetenskapprofessor verbonde aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), prof. Hussin Jazie, sê sy inligting dui daarop dat nagenoeg 70% van Namibiërs in sy steekproef in die laaste drie maande ten prooi daarvan geval het.

Jazri was ‘n lid van die gehoor tydens gister se bekendstelling.

Prof. André du Pisani, wat ook die sessie bygewoon en tans gemoeid is daarmee om teenterreur- en geldwasserybeleid te hersien, sê die grootste uitdaging wat beleidshersiening betref, is die dinamiese aard van tegnologie.

Met ander woorde, sê Du Pisani, teen die tyd wat die hersiende beleid uiteindelik van krag word, is dit té oud en nie meer van toepassing nie.

Tydens ‘n nuuskonferensie laat gistermiddag het mnr. Tjekero Tweya, die minister van inligting en kommunikasietegnologie, gesê hy het ‘n jaar gelede, toe nuus oor gebrekkige beraadslaging rugbaar geword het, die mosie onttrek waarná landswye konsultasies glo plaasgevind het.

“Sou dit ongrondwetlik wees, is die prokureur-generaal daar (om die regering van regsraad te bedien). Die idee is nie om ongrondwetlike wette te hê nie.”

Tweya het ook teen die IPPR uitgevaar en die navorsingsinstelling daarvan beskuldig dat hulle verslag oor toegang tot inligting misleidend en kwaadwillig is.

Hy sê sedert die bekendmaking van die verslag het hy self op ‘n sending gegaan om alle bewerings te ondersoek wat daarin vervat is.

Die IPPR, sê Tweya, kon geen naam van enige beampte van enige ministerie of regeringsinstelling wat hulle glo gekontak het, verstrek nie.

Die meeste woordvoerders van dié liggame het ontken dat die IPPR met hulle in verbinding was, sê hy.

“Dit kon ‘n skoonmaker gewees het wat hulle daar gekry het. Of iemand wat tee maak. Dit kon enigiemand gewees het.”

Hieroor sê Links by navraag hulle hou voet by stuk dat die inhoud van hul inligting feitelik akkuraat is.

Terselfdertyd spreek die IPPR by monde van Links sy misnoë daarmee uit dat die minister die IPPR se agenda as ‘kwaadwillig’ beskryf het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054