Aanhouer wen. . . per ongeluk
Gerine Hoff
Wie sou ooit kon dink iets wat per ongeluk ontdek is, sou die wêreld verander?
Nou die dag lees ek ’n berig in Readers Digest wat juis daaroor gaan, en toe kon ek nie help om na nog sulke voorbeelde te soek nie.
Een van dié ontdekkings was penisillien, wat die gesondheidswêreld in alle opsigte verander het. Dit is in 1928 deur Alexander Fleming ontdek toe hy halfpad deur ’n eksperiment met bakterieë op vakansie gegaan het. Terwyl hy weg was – varkie wat hy was – het hy ’n vuil petribakkie in die wasbak gelos. Toe hy weer tuis kom, sien hy hoe bakterieë oral in die bakkie gegroei het, behalwe waar skimmel was.
So gepraat van mediese deurbrake, wetenskaplikes by Pfizer het amper 30 jaar gelede ’n interessante ontdekking gemaak. Hulle het in 1992 eksperimente gedoen vir die ontwikkeling van ’n pil teen angina. Ongelukkig het dit nie veel gehelp nie, maar die mans wat aan die studie deelgeneem het, het geweier om hul medisyne terug te gee. Dit was ook nie lank nie, of Viagra was op die mark.
’n Uitvinding wat steeds aanhou om wenkbroue te laat lig (wink-wink), is te danke aan Alastair en Jean Carruthers, wat in 1987 klein dosisse Botox gebruik het om skeel oë, ooglidkrampe en ander oogspierafwykings te behandel. Hulle ontdekking: Plooie wat op wonderbaarlike wyse verdwyn!
In ’n ander mediese ontdekking, reeds in 1844, het Horace Wells narkose ontdek. Destyds is stikstofoksied deur partytjiegangers gebruik omdat dit mense soos hiënas laat kekkel het. Uhm, wel, wie is ons om te oordeel? Maar, terwyl Wells – ’n tandarts – en sy vriende gekuier het, het een van sy gaste ’n bietjie oorboord met die gas gegaan en sy been lelik gekap. Snaaks genoeg (ja, ek besef die woordspeling), het die pel nie besef hy het homself seergemaak nie.
Ons bly by goed wat partytjies lekker maak: In die 16de eeu het ’n Nederlandse skeepsmeester hitte gebruik om wyn te konsentreer in die hoop om dit makliker te vervoer. Die idee was dat hy met sy aankoms by die bestemming, weer water daarby sou voeg. Wat hy ontdek het, is dat gekonsentreerde wyn veel lekkerder is as afgewaterde wyn en het sy “gebrande wyn”of “brandewijn” ’n treffer geword.
Aan die ander kant is nie alle nuwe ontwikkelings ’n sukses nie. . . Soos byvoorbeeld Google Glass, ’n minikamera wat op jou bril gemonteer is. Die idee was dat alles wat jy sien, opgeneem en oorgedra word. Dit was nie lank nie, of daar is besef die bril word vir allerlei onheilighede gebruik.
Dan was daar Coca-Cola wat in 1985 gedink het dit sou ’n goeie idee wees om aan hulle wenresep te peuter. Die nuwe geur is skaars uit, toe die eerste klagtes begin instroom nie.
En wie onthou nog Sony se Betamax? Sony het in die laat 1970’s besluit om die stryd teen VHS aan te sê. Ongelukkig het hulle lelik verloor. Dit het hulle egter nie gekeer om tot 2002 aan te hou om dit te vervaardig nie. Hulle het selfs nog tot 2016 Betamax-videobande gemaak! Intussen is VHS ook iets van die verlede.
Die slotsom: Partykeer is dit die aanhouer wat wen; partykeer is sukses terloops.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie