Aan die stuur van IT-risiko
Holger Bossow is as die hoof van IT-risiko van FNB Namibia aangestel. Hy beskik oor 'n meestersgraad in tegnologie- en innoveringsbestuur en het meer as 15 jaar se ervaring op dié gebied. Vóór hy by FNB Namibia aangesluit het, was Bossow 'n adjunkkommisaris in die IT-direktoraat van die ministerie van veiligheid en sekuriteit. Bossow is die lidmaatskapdirekteur van die plaaslike tak van die Internasionale Vereniging van Inligtingstelsels en -kontrole (ISACA) en is 'n inligtingstelselouditeur.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie