Aalwyne moet beskerm word
Aalwyne moet beskerm word

Aalwyne moet beskerm word

Tanja Bause
Tanja Bause



Die munisipaliteit van ­Windhoek het gesê mense wat onwettig aalwyne in en rondom Windhoek uithaal sal vervolg word.

“Die munisipaliteit het met kommer opgemerk dat mense die aalwyne wat in die munisipale gebied groei onwettig oes en verkoop,” het die woordvoerder van die munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, gesê.

Alle aalwynsoorte wat in die munisipale gebied groei, is volgens die wet beskerm.

“Dit is hoekom niemand 'n aalwyn of enige ander beskermde plant mag uitgrawe, 'n stuk afsny of vervoer, sonder die toestemming van die stadsraad nie. Enige persoon wat dit doen oortree die wet en sal summier in ­hegtenis geneem word.”

Mense word aangemoedig om die stadspolisie by 061 302 302 te kontak om oortreders aan te meld.

“Ons het al mense gevang wat aalwyne of stukke daarvan uitgehaal het en ons het hulle oor die gevare van die praktyk ingelig. Ons probeer eers om mense oor beskermde spesies in te lig voordat ons tot enige ander optrede oorgaan,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer