99 positief, twee sterftes
99 positief, twee sterftes

99 positief, twee sterftes

Henriette Lamprecht
Dr. Kalumbi Shangula sê 99 mense het positief vir Covid-19 getoets en nog twee mense is aan Covid-19-verwante oorsake dood. Dit bring die totale getal Covid-19-verwante sterftes vir die land op 103 te staan. Die jongste twee sterftes is 'n 57-jarige man en 'n 64-jarige man. Albei het onderliggende mediese toestande gehad en het in 'n hospitaal in Windhoek gesterf.

Uit die 99 nuwe gevalle is 49 mans en 50 vroue. Die jongste is sewe maande oud en die oudste 83 jaar oud. Uit die 99 nuwe gevalle is 60 in onder meer Windhoek, ses in Oshakati, vyf in Rehoboth, vier in Walvisbaai en drie in Engela aangeteken.

Shangula sê uit die totale getal van 9 818 Covid-19-gevalle wat in die land aangeteken is, was 732 (7%) van opvoedkundige instellings in 11 streke. Dit sluit 632 leerlinge en studente en 100 onderwysers in. Die meerderheid en wel 400 (55%) was in Khomas, gevolg deur die 149 in Erongo (20%), terwyl Hardap en //Kharas 27 (4%) en 24 (3%) onderskeidelik aangemeld het.

Volgens Shangula het nog 150 mense herstel wat die totaal op 6 693 te staan bring. Die aktiewe gevalle staan nou op 3 023 waarvan 19 baie ernstig of kritiek is. Tot op hede is 81 307 weefselmonsters getoets, 9 844 kontakte word gemonitor en 1 059 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer