98 merkers se reis- en verblyftoelae nog nie betaal nie
Uit die totaal van 3003 merkers wat vanjaar deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur aangestel is, is 98 se reis- en verblyftoelae nog nie betaal nie.
Volgens ’n verklaring deur die ministerie is die eise vir reis- en verblyftoelae van 2 646 uit die totaal van 3003 merkers ontvang. Hiervan is 2 622 eise deur die direktoraat van nasionale eksamens en evaluering (DNEA) verwerk, met 2 548 eise wat reeds uitbetaal is.
Volgens die permanente sekretaris, me. Sanet Steenkamp, is ’n totaal van 74 eise by die departement van finansies vir verifiëring en goedkeuring vir betaling. ’n Verdere 24 eise is na die ministerie van finansies gestuur vir die skep van verskafferskodes en of ’n opdatering van bankbesonderhede. Betaling van dié eise is afhanklik van bogenoemde kode en bankbesonderhede van die ministerie van finansies.
Steenkamp sê voorts die direktoraat is huidig besig met die verifiëring en afteken van merk- en toesighoudingsfooie en het begin om die eise na die streke vir betaling aan merkers en toesighouers vir deeltydse sentrums te stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie