95-jarige vas oor onwettige wildprodukte
'n Pensioenaris (95) is Maandag omstreeks 15:30 by die Mashare-nedersetting naby Rundu in verband met die onwettige besit van wildprodukte in hegtenis geneem.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die bejaarde man, wat ook 'n hoofman is, met die velle van een krokodil, twee otters en drie luislange in in sy besit gevind.
Die waarde van die wildprodukte is onbekend. Die verdagte moes vandag in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie