85% van Covid-19-gevalle het herstel
Uit die totale getal Covid-19-gevalle van 12 367 wat in Namibië aangeteken is, het 85% (10 528) herstel. Tans is 14% (1 707) van die gevalle aktief. Volgens president Hage Geingob het die land tot op hede 132 Covid-19-verwante sterftes, 1% van die totale getal gevalle, aangeteken. Geingob sê in die laaste vier weke is 'n 40%-afname in Covid-19-verwante sterftes aangeteken. Op nasionale vlak was daar 'n 61%-afname in die aantal nuwe gevalle. Twaalf uit die 14 streke het óf 'n afname of geen gevalle aangeteken nie.
Volgens Geingob het 352 leerlinge en meer as 300 gesondheidswerkers reeds positief vir Covid-19 getoets. Tot op hede is 117 759 weefselmonsters getoets, met Namibië wat derde in Afrika is in terme van persone getoets per 1 000 inwoners. Net Marokko en Suid-Afrika het meer getoets.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie