85 nuwe gevalle, drie sterftes
Uit 1 547 weefselmonsters wat getoets is, het 85 positief vir Covid-19 getoets. Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Esther Muinjangue, het ook drie Covid-19-verwante sterftes aangekondig wat die totaal vir die land op 111 te staan bring. Die drie sterftes sluit 'n 70-jarige vrou en 48-jarige man van Windhoek en 'n 90-jarige man van Otjiwarongo in.
Uit die 85 nuwe gevalle is 48 vroue en 37 mans. Die jongste is vyf maande oud en die oudste 72 jaar oud. Die nuwe gevalle is soos volg aangeteken: Windhoek 48, Rehoboth 8, Mariental 4, Keetmanshoop 9, Lüderitz 1, Karasburg 1, Swakopmund 7, Walvisbaai 1, Usakos 1, Rundu 2, Otjiwarongo 2, Okongo 1.
Muinjangue sê nog 109 mense het herstel wat die totaal op 7 969 te staan bring. Dit sluit 75 in Khomas, 22 in //Kharas, vyf in Hardap, vier in Ohangwena en drie in Oshikoto in.
Uit die 2 212 aktiewe gevalle is 13 baie ernstig of kritiek. Dit sluit vier kritieke gevalle in Erongo, een baie ernstige en ses kritieke gevalle in Khomas en twee baie ernstige gevalle in Oshana in.
Tot op hede is 87 639 weefselmonsters getoets, terwyl 9 750 kontakte gemonitor word. Huidig is 878 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie