81 nuwe gevalle, drie sterftes
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het 81 nuwe Covid-19-gevalle en drie Covid-19-verwante sterftes aangekondig. Die drie sterftes sluit 'n 88-jarige man van Windhoek, 'n 31-jarige man van Otjiwarongo en 'n 66-jarige man van Swakopmund in. Dit bring die totaal op 116 te staan.
Uit die 81 nuwe gevalle is 46 in Windhoek, twee in Walvisbaai, een in Usakos, een in Omaruru, drie in Karasburg, twee in Lüderitz, een in Keetmanshoop, vyf in Mariental, een in Rehoboth, drie in Okakarara, twee in Okahandja, vier in Rundu, twee in Eenhana, een in Engela, twee in Onandjokwe, een in Omuthiya en twee in Katima Mulilo aangeteken.
Uit die 81 nuwe gevalle is 48 mans en 33 vroue. Die jongste is ses maande oud en die oudste 68 jaar oud.
Volgens Shangula het nog 247 mense herstel wat die totaal op 8 359 te staan bring. Dit sluit 133 in Khomas, 66 in Otjizondjupa, 37 in Hardap, ses in Ohangwena, drie in Omaheke en twee in Kunene in.
Uit die 2 132 aktiewe gevalle is 11 baie ernstig of kritiek. Dit sluit een baie ernstige en twee kritieke gevalle in Erongo en drie baie ernstige en vyf kritieke gevalle in Khomas in.
Tot op hede is 90 999 weefselmonsters getoets, 9 712 kontakte word gemonitor en 854 mense is huidig in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie