80% van gesondheidswerkers in //Kharas teen Covid-19 ingeënt
Die hoof mediese beampte by die Keetmanshoop-staatshospitaal, dr. Refanus Kooper, sê sowat 80% van gesondheidswerkers in die //Kharasstreek is reeds as deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ingeënt. Die streek het 3 575 dosisse entstof vir die veldtog ontvang wat drie weke gelede in die streek afgeskop het.
Volgens Kooper is sowat 2 000 inwoners van die streek en wat gesondheidswerkers insluit, sedert die aanvang van die veldtog ingeënt. Die ministerie is ook in die proses om mobiele immuniseringspunte op te stel om sodoende meer mense te bereik. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie